Zwelinzima Vavi, geskorste hoof van Cosatu, het Vrydag ʼn webwerf bekend gestel wat glo al die “feite” oor sy “onwettige” skorsing uit die vakbondfederasie bevat.
Lees meerAlles vir Vrydag 21 Maart 2014
Foto’s: 4-jarige is beste vriende met ‘n bulhond
Rebecca Leimbach, ʼn fotograaf, neem die afgelope vier jaar al foto’s van die verhouding tussen haar vierjarige dogter Harper en haar sewejarige Engelse bulhond, Lola.
Vermiste vissermanne veilig opgespoor
Drie vissermanne van Lambertsbaai wat Donderdag verdwyn het, is Vrydagmiddag veilig opgespoor.
3 dood, 10 vermis ná motel brand
Drie mense is dood en 10 word vermis ná ʼn brand by ʼn motel by Jersey Shore uitgebreek het.
Gestrande vrou gered danksy Google Earth? Nonsens!
Die storie van Gemma Sheridan van Engeland wat glo op ʼn eiland uitgespoel het en eers sewe jaar later danksy Google Earth opgespoor is, blyk onsin te wees.
“Dooie” wat wakker geword het by begrafnisondernemer sterf
Walter “Snowball” Williams, ʼn boer van Mississippi wat drie weke gelede internasionale nuus gehaal het nadat hy by ʼn begrafnisondernemer “wakker geword” het, is verlede Donderdag in die ouderdom van 78 oorlede.
Video: Só klink jy vir anderstaliges
Sara Maria Forsberg (19) van Finland, se YouTube-video waarin sy aan moedertaalsprekers verduidelik hoe die persoon se taal vir anderstaliges klink, is binne drie weke reeds byna 10 miljoen keer gekyk.
“Geen gronde vir kriminele klagte teen Zuma nie”
Die ANC het Vrydag gesê daar is geen gronde vir kriminele klagte teen pres. Jacob Zuma nie en die klagtes wat by polisiestasies ingedien is, is leë dade wat uit desperaatheid gedoen word.
Nuwe hoofde vir SAUK
Tian Olivier is as die SAUK se nuwe waarnemende hoof uitvoerende beampte aangestel en James Aguma as die hoof finansiële beampte.
Omstrede Thaise verkiesing ongrondwetlik verklaar
Die grondwetlike hof in Thailand het die omstrede verkiesing van 2 Februarie vanjaar ongrondwetlik verklaar – maar op grond van ‘n baie tegniese punt en nie omdat die vernaamste opposisie dit geboikot het nie.
Gedig: ‘n Student skryf aan sy meisie
Taaltoffie publiseer die gedig, “‘n Student skryf aan sy meisie”, ter nagedagtenis aan die skrywer, Hennie Aucamp, wat op 20 Maart 2014 gesterf het.
Hennie Aucamp oorlede
Die bekende Afrikaanse digter en skrywer Hennie Aucamp is Donderdagaand oorlede.
Nog geen teken van wrakstukke van vermiste vliegtuig
Die maritieme veiligheidsowerheid in Australië het Vrydag gesê hul radars het nie enige teken van wrakstukke van die vermiste vliegtuig van Malaysian Airlines opgespoor nie.
Regering blok Twitter in Turkye
Turkye het toegang tot Twitter beperk ure nadat die Eerste Minister gedreig het om die sosialemedia-netwerk “uit te roei” weens opnames wat op die netwerk uitgelek het en die regering se reputasie, kort voor die plaaslike verkiesing, skade berokken het.
Nuuskommentaar: Renate en Menseregtedag
Daar is heelwat meer as ‘n tikkie pikantheid daarin opgesluit dat Renate Barnard se saak die dag voor die land se viering van Menseregtedag sou geskied…. Dit was nodig dat ‘n vrou na vore moes tree wat bereid sou wees, om by wyse van spreke, kaalvoet die Drakensberge oor te steek.
Massavergiftiging by kleuterskool
Twee kinders is dood en 30 baie siek ná ‘n massavergiftiging by ‘n kleuterskool in die suidweste van China.
Man vas; gekaapte voertuie opgespoor
‘n Man is Donderdagaand in Midrand in hegtenis geneem nadat hy glo betrokke was by twee gewapende kapings en die besit van twee gesteelde motors.
Gesin bekommerd oor Pierre Korkie se gesondheid
Pierre Korkie, die Suid-Afrikaner wat in Jemen ontvoer is, se familie is baie bekommerd oor sy gesondheid, aangesien hulle sedert Januarie nog nie weer enige inligting oor hom ontvang het nie.
Gedagte vir die dag: Doen die regte ding
Psalm 106:3- God hou baie van elkeen wat doen wat reg is, wat elke kans aangryp om sy wil te doen. Hy laat dit goed…