Oud-president Nelson Mandela se familie het oor die naweek met ʼn tweede roufase by die koninklike huis in Qunu in die Oos-Kaap begin, het The Sowetan Maandag berig.
Alles vir Maandag 24 Maart 2014
Derby-Lewis weer in tronk aangeval
Clive Derby-Lewis (78) is Sondag vir die tweede keer in aanhouding aangeval.
WAT Woord van die Week: skalk
Lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind oor die woord “skalk” wat ook in die uitdrukking “skalkse glimlag” gebruik word.
Nuuskommentaar: Afrikaner en ander minderhede in die verkiesing
Te midde van die Nkandla-skandaal en ander kwessies wat ‘n aanslag teen die ANC se onaantasbaarheid loods, het ‘n kwalik opgemerkte stukkie fynskrif algaande die status van vetdruk begin verwerf – die rol van die Afrikaner en ander minderhede in die komende verkiesing.
Skolier kritiek na voertuig hom tref
ʼn 11-jarige skolier is in ʼn kritieke toestand nadat hy Maandagoggend in Illovo, KwaZulu-Natal, deur ʼn voertuig getref is.
Oscar Pistorius-moordverhoor hervat
Die eerste van die laaste vyf staatsgetuies sal na verwagting Maandag tydens Oscar Pistorius se moordverhoor in die Pretoriase hooggeregshof sy plek in die getuiebank inneem.
Aanklagte teen oud-Valke-baas verwerp
Die Nasionale Vervolgingsgesag gaan appèl aanteken nadat die Durbanse hooggeregshof alle aanklagte teen genl.maj. Johan Booysen, die geskorste hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, ter syde gestel het.
Bykans 1 000 verdagtes aangekeer
Nagenoeg 1 000 mense is die afgelope week tydens klopjagte in Gauteng en Noordwes in hegtenis geneem
Jaagduiwel ry meer as 200km/h
ʼn 48-jarige man is Sondag op die N1-snelweg in Johannesburg in hegtenis geneem nadat hy meer as 200 km/h gery het.
Gedagte vir die dag: Leef in geloof
Matteus 16:24 – Toe sê Jesus vir sy dissipels: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg….