Die Demokratiese Alliansie (DA) het bekend gemaak dat die polisie op soek is na ʼn staatsaanklaer vir die omstrede Nkandla-saak.
Alles vir Vrydag 28 Maart 2014
Nuuskommentaar: Aarduur – As die aarde se horlosie middernag slaan
Saterdag kry Suid-Afrikaners weer die geleentheid om simbolies saam met die wêreld “Aarduur” te gedenk – wanneer almal saam vir ‘n uur lank alle ligte kan afskakel. Aarduur is ‘n omgewingsbewuste projek van die Wêreldnatuurlewefonds (WWF).
Oscar Pistorius-moordverhoor uitgestel
Die Pretoriase hooggeregshof het Vrydag Oscar Pistorius se moordsaak tot 7 April uitgestel.
“Delft-verkragter” nou ook van moord aangekla
Die man wat daarvan verdink word dat hy ʼn negejarige meisie van Delft in Kaapstad verkrag en haar liggaam aan die brand gesteek het, gaan nou ook van moord aangekla word nadat die meisie drie maande ná die aanval aan haar beserings beswyk het.
Godsdiensuitsprake is aanstootlik, sê CDP
Die Christen-Demokratiese Party gaan ʼn saak by die Kommissie vir die Bevordering en die Beskerming van die Regte van Taal-, Godsdiens- en Kultuurgemeenskappe indien ná ʼn uitlating deur die voorsitter van die ANC in die Noord-Kaap.
Modderstorting: Dodetal kan skerp styg
Altesaam 90 mense word steeds vermis ná ʼn modderstorting in Seattle in Washington, Amerika.
Dubbele vreugde vir dieretuin se krokodille
Die Nasionale Dieretuin in Pretoria se reptielpark is 14 klein Kaaiman-alligators ryker en het boonop ʼn korporatiewe borg gekry wat voortaan sal help met die versorging van die krokodilspesie in die park.
Pinetown-ongeluk: Trokbestuurder weer in hof
Sanele Goodness May van Swaziland, wat verlede jaar in Pinetown, KwaZulu-Natal die dood van 24 mense veroorsaak het, verskyn weer Vrydag in die dorp se landdroshof.
30 jaar vir jong bruid wat man van krans afstamp
Jordan Linn Graham (22) is Donderdag tot 30 jaar tronkstraf gevonnis nadat sy haar man, agt dae ná hul huwelikseremonie, van ʼn krans afgestamp het.
Reeksverkragter in hof ná hy glo 62 minderjariges verkrag
ʼn Vermeende reeksverkragter het Donderdag in die Protea-landdroshof in Soweto, Johannesburg, verskyn op verskeie aanklagte wat verband hou met die verkragting van minderjariges oor ʼn lang tydperk.
Centurion-ongeluk: Trok ry drie voetgangers dood
Drie mense is Vrydagoggend dood nadat ʼn vragmotor in Centurion, Gauteng, vier voetgangers getref het.
Teregstellings neem wêreldwyd skerp toe
In 2013 het teregstellings wêreldwyd met byna 100 gevalle gestyg, aldus Amnestie Internasionaal.
Uitspraak eersdaags verwag in omstrede misdaadintelligensiesaak
Die vakbond Solidariteit verwag eersdaags uitspraak in die omstrede misdaadintelligensiesaak wat Solidariteit namens kol. Kobus Roos teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens voer
Resep: Hawermoutkoekies
Maklike hawermoutkoekieresep – net reg vir die skoolvakansie! Die resep lewer ongeveer 50 koekies.
Gauteng-ma verloor kind in ongeluk
ʼn 12-jarige meisie is dood en haar ma en twee ander gesinslede, ook kinders, is beseer nadat hul voertuig Donderdag in Gauteng gerol het.
Oscar Pistorius getuig moontlik vandag
Regskenners meen Oscar Pistorius gaan moontlik vandag in sy moordverhoor in die hooggeregshof in Pretoria getuig.
Man skuldig aan moord op boer
ʼn Tweede verdagte is in die hooggeregshof in Pietermaritzburg skuldig bevind aan die moord op Micky Hampson (68).
Pule onttrek haar van ANC-kandidatelys
Dina Pule, voormalige minister van kommunikasie, het die ANC se benoeming vir die party se parlementêre kandidatelys van die hand gewys.
Gedagte vir die dag: Groei kom baie keer deur swaarkry
Psalm 119:71,75 – My swaarkry het my geleer om mooi na U te luister. As daar een ding is wat ek weet, Here, is dit…