Alle klagtes teen genl.maj. Johan Booysen, voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, is Maandag in die Durbanse hooggeregshof teruggetrek.
Lees meerAlles vir Maandag 31 Maart 2014
PMB-polisie soek man oor bedrog van R400 000
Die polisie in Pietermaritzburg is dringend op soek na ʼn man in verband met beweerde bedrog van meer as R400 000 in Februarie 2014 by ʼn motorhandelaar in die stad.
NUK bespreek Oekraïne, Nkandla-verslag
Die nasionale uitvoerende komitee van die ANC het die afgelope naweek die oorsig deur die president, stand van die organisasie, verslag oor die verkiesing, 20 jaar van demokrasie, internasionale situasie en die Nkandla-verslag bespreek.
Substasie ontplof in Sasolburg
ʼn Substasie het glo in Sasolburg, Vrystaat, ontplof en gedeeltes van die dorp is reeds sonder elektrisiteit.
Krejcir-vennoot wil glo skuif oor dieetvereistes
Owen Serero, wat vermoedelik gekoppel word aan die poging tot moord op die ondersoekbeamptes in die saak teen Radovan Krejcir, het Maandag versoek om na Johannesburg Sentraal oorgeplaas te word weens dieetvereistes, het die SAUK berig.
Skoolhoof en twee ander vas vir moord op KZN-skoolhoof
Drie mense is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn skoolhoof van KwaZulu-Natal.
Plaasmoord: 16-jarige vas vir moord op egpaar
ʼn 16-jarige het Maandag in die landdroshof in Mosselbaai verskyn in verband met die plaasmoord op die egpaar Will (69) en Anje Kiesling (66), van Lephalale (Ellisras) in Limpopo.
Mans in vroeë oggendure in kitsbank gevang
Twee mans is Maandagoggend in die vroeë oggendure op heterdaad betrap terwyl hulle binne ʼn kitsbank in Port Elizabeth in die Oos-Kaap doenig was.
Hele dorp gaan trek
‘n Verhoogde aanvraag na ystererts in China het die doodsklok vir die Sweedse dorpie Kiruna sowat 150 kilometer binne die Noordpoolsirkel ingelui.
Komeet wat rakelings by Mars gaan verbyskuur skep afwagting en kommer
‘n Baie aktiewe komeet gaan op 14 Oktober vanjaar rakelings by Mars verbyskuur, en ‘n seldsame geleentheid bied vir waarnemings deur ruimtetuie wat om die planeet wentel.
Reeds te laat om sekere skade weens klimaatsverandering om te keer
Selfs al skud die wêreld onmiddellik sy verslawing aan fossielbrandstowwe af, is dit reeds te laat om permanente skade aan sekere delikate ekosisteme te voorkom, luidens die jongste verslag van die VN se Klimaatsburo wat Maandagoggend in Japan bekend gestel is.
Oud-premier van Israel skuldig aan omkopery
Ehud Olmert (68) wat van April 2006 tot Maart 2009 premier van Israel was, is Maandag skuldig bevind aan omkopery.
Aardbewing skud Nieu-Seeland
‘n Aardbewing wat 5 op die momentmagnitudeskaal geregistreer het, het Maandagoggend 58 kilometer van Palmerston op Nieu-Seeland se Noordeiland voorgekom.
Plaasmoord: Bejaarde naby Ermelo vermoor
ʼn 77-jarige boer van die plaas De Emigratie, sowat 40km buite Ermelo in Mpumalanga, is Maandagoggend dood in sy plaashuis aangetref.
Gevangenes tydens klopjag beseer
Drie gevangenes is Sondag tydens ʼn klopjag by die St Albans-gevangenis in Port Elizabeth beseer.
Ligte straf vir beampte wat 10-jarige aanrand
ʼn Senior beampte van die departement van korrektiewe dienste, wat ʼn 10-jarige meisie met sy gordel aangerand het, moet 90 ure se gemeenskapdiens as vonnis verrig.
Fietsongeluk: Onderhoofseun was Godvresend
Die hartgebroke ouers van Rudi Lettau, die onderhoofseun van Hoërskool Pretoria-Noord wat Vrydagmiddag ná skool op sy fiets doodgery is, sal hom altyd as ʼn Godvresende persoon onthou. Foto’s volg onderaan die berig.
Bok en Hannah trou stilletjies
Die Gautengers Bok van Blerk en sy jarelange meisie, die aktrise Hanna Grobler, het Saterdag stilletjies die knoop in Hoedspruit, Limpopo, deurgehaak.
Man daag vriende uit om regsfonds op te bou
ʼn Lid van die publiek het R1 000 geskenk as sy bydrae tot Solidariteit se regsfonds, omdat sy vriende se kinders direk geraak word deur onregmatige regstellende aksie.
Video: Diere oortuig mense om bus te ry
Die Belgiese busmaatskappy De Lijn het groot sukses behaal met hul komiese advertensieveldtog om mense te oorreed om eerder van openbare vervoer gebruik te maak.