Thuli Mandonsela, die Openbare Beskermer, sê ANC-leiers val haar aan oor die Nkandla-verslag sodat hulle winsgewende werksgeleenthede ná die verkiesing kan kry, het The Star berig.
Alles vir Maandag 31 Maart 2014
Landbank dagvaar ANC-hoës
Die Landbank dagvaar verskeie ANC-swaargewigte, hoëprofiel staatsamptenare en die eiendomsmagnaat Roux Shabangu, berig die Sunday Times.
WAT Woord van die Week: maarskalk
Die WAT Woord van die Week is “maarskalk”. Lees Taaltoffie om uit te vind waar dié woord vandaan kom.
Man gooi glo petrol oor eks, steek haar aan die brand
ʼn 41-jarige man van Johannesburg is in hegtenis geneem nadat hy glo Sondag petrol oor sy eksmeisie gegooi en haar aan die brand gesteek het.
Wie sal nog belê as eiendom ontneem word?
Bennie van Zyl van die TLU vergelyk die onteiening en ontneming van eiendom en waarsku dat die ANC met vuur speel deur eiendomsreg te probeer inkort.
Drie sterf in botsing naby Malelane
Drie mans is dood en twee ander is beseer nadat twee voertuie Sondagaand op die R510-pad naby Malelane in Mpumalanga gebots het.
Kindverkragter kry lewenslank
ʼn Man van Noordwes is tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ʼn vyfjarige meisie.
Man in hof wat vrou op plaas verkrag
ʼn 26-jarige man sal na verwagting Maandag in die Rustenburg-landdroshof in Noordwes verskyn nadat hy Saterdag glo ʼn vrou op die Bochfontein-plaas naby die dorp verkrag het.
Maroela Media Top 20 31 Maart 2014
1. Die pad- Anders 2. Ek moes jou gesoen het- Leah 3. Ek wil jou kom haal- Dozi 4. Lig op die horison- Joshua Na…
Nuuskommentaar: Maak of breek met AMCU geen Thatcher-kloon
Amcu meen hy kan die staking nog ses maande laat voortduur, maar kan sy lede werklik so lank sonder enige inkomste uithou?
Becker glo wéér met selfoon betrap
Een van die sogenaamde Waterkloof-vier, Christoff Becker, gaan moontlik na ʼn ander gevangenis oorgeplaas word nadat ʼn selfoon glo in sy sel gevind is.
Padindrukke: Toyota Corolla 1,6 Prestige
Toyota het verlede jaar tydens die Johannesburgse Internasionale Motorskou die 11de generasie Corolla aan die publiek gewys. Die model wat die beste behoort te verkoop, is die 1,6 Prestige, en dit is die model wat Daantjie Badenhorst vir ‘n toetsrit geneem het.
Motornuus: Ford Focus gou opgekikker
Hoewel die Ford Focus tans die wêreld se topverkoper is, is hy nie so gewild in Suid-Afrika soos in ander dele van die wêreld nie. Dit kan egter voor die einde van die jaar verander wanneer die opgekikkerde weergawe van die huidige Focus hier bekendgestel word.
Vyf sterf in Wes-Rand-botsing
Vyf mense is dood en een is kritiek beseer nadat hul voertuig Sondagmiddag in Kromdraai, wes van Johannesburg, gerol en in ʼn rivier beland het.
Padindrukke: Kia Cerato Koup 1,6 T-GDI Outomaties
Tydens verlede jaar se Johannesburgse Internasionale Motorskou het Kia die Suid-Afrikaanse publiek ‘n voorsmakie van die nuwe Cerato Koup gegee, en hierdie model is intussen in Suid-Afrika bekend gestel. Daantjie Badenhorst het die outomatiese model vir ‘n toetsrit geneem.
Gareth Cliff verlaat 5FM
Die bekende en uitgesproke radio-omroeper, Gareth Cliff, bied Maandagoggend sy laaste ontbytprogram by 5FM aan.
Nkandla-verslag: Zuma gaan nie betaal nie
President Jacob Zuma het vir die eerste keer sedert die Openbare Beskermer (OB) haar Nkandla-verslag bekend gemaak het, daaroor gepraat en dit duidelik gestel dat hy nie die geld gaan terugbetaal nie.
Name bekend van slagoffers in Bloem-ongeluk
Die polisie in die Vrystaat het Sondagaand die name van die slagoffers bekend gemaak wat in ʼn gru-ongeluk op die N1-snelweg naby Bloemfontein gesterf het.
Video: Mej. Suid-Afrika 2014 gekroon
Rolene Strauss, ʼn Kovsie maar oorspronklik van Mpumalanga, is Sondagaand in die Sun City Superbowl gekroon as Mej. Suid-Afrika.
Sewejarige se gedrag kommerwekkend na verkragting
ʼn Vragmotorbestuurder het skuldig gepleit op aanklag dat hy ʼn meisie verkrag en aangerand het, het die Sunday Tribune berig.