Meer as 9 000 gevangenes is as ambagsmanne opgelei, in ʼn poging om die land se vaardigheidstekort aan te spreek.
Alles vir die maand Maart 2014
Nóg ʼn aardbewing in Amerika
ʼn Aardbewing wat 4.8 op die momentmagnitudeskaal gemeet het, het Yellowstone Nasionale Park in Amerika Sondag getref.
Gedagte vir die dag: Alles op die bestemde tyd
Romeine 5:6 – Toe ons nog magteloos was, het Christus immers reeds op die bestemde tyd vir goddeloses gesterwe. Van die oomblik dat die wekker in…
JHB-busbestuurders staak
Johannesburg se Rea Vaya-busbestuurder staak van Maandag af.
Krim-horlosies nou op Rusland-tyd
Die Krim-skiereiland stel Sondag dagligbesparing hul horlosies twee ure vorentoe om by Rusland in te val.
Sewe dood in Bloem-ongeluk
Sewe mense, insluitend ʼn eenjarige kind, is dood en vier ander beseer toe ʼn Toyota Fortuner en ʼn vragmotor Sondag in Bloemfontein gebots het.
Plaasaanval: Tzaneen-boer gemartel
ʼn Boer naby Tzaneen in Limpopo is Sondagoggend aangeval en gemartel.
Plaasmoord: Man en vrou dood aangetref
ʼn Man en ʼn vrou is dood aangetref op hul plaas in Lephalale (Ellisras), Limpopo.
Video: Dowe vrou hoor vir die eerste keer
Joanne Milne (39) van Gateshead in Engeland kon vandeesweek vir die eerste keer in haar lewe hoor nadat haar kogleêre inplantings aangeskakel is.
Video: Ouma dans te lekker
‘n Video van ‘n ouma wat op die 90’s-treffer van Vanilla Ice, genaamd Ice Ice Baby, dans, verskaf groot vermaak aan kykers.
Elektrisiteit gespaar tydens aarduur; bekende plekke afgeskakel
Suid-Afrikaners wat Saterdag deelgeneem het aan die wêreldwye aarduur het ʼn bydrae gelewer om die planeet te red.
Mense moet na ander provinsies trek as hulle werk wil hê
Solidariteit is oortuig dat swak raad deur die Kommissie vir Diensbillikheid (CEE), op wie se advies minister Oliphant die konsep-diensbillikheidskodes gepubliseer het, tot die skadelike inhoud van die kodes bygedra het.
Gratis vliegkaartjies vir afgetrede LPs
Afgetrede LPs behoort tot 24 gratis vlugte per jaar te kry vir 10 jaar, luidens ʼn voorstel wat voor die parlement gelê is, het die Sunday Times berig.
Video: Kenners waarsku studente teen medikasie
Sielkundiges is bekommerd daaroor dat al hoe meer studente glo stimulante gebruik in die hoop om beter te vaar op universiteit. Dit is blykbaar veral medikasie soos Ritalin, bedoel vir mense met aandagafleibaarheidsindroom, wat misbruik word.
Video: ZZ2 beoefen natuurboerdery
Die ZZ2-boerdery produseer byna 40% van die land se tamaties. Die plaas fokus op natuurboerdery en probeer verseker dat die omgewing nie onherstelbaar ontwrig word deur enige projekte nie.
Naskok tref Los Angeles
ʼn Aardbewing wat 4.1 op die momentmagnitudeskaal gemeet het, het Los Angeles Saterdag getref, een dag ná ʼn soortgelyke seismiese skok deur die gebied beweeg het.
Seldsame foto van prins George
Prins William en Kate het Saterdag ʼn seldsame gesinsfoto vrygestel van die paartjie met hul agt maande oue seun, prins George.
Voorwerpe nié deel van vermiste vliegtuigwrak
Voorwerpe wat Saterdag uit die Indiese Oseaan gehaal is, is glo nie deel van die vermiste vliegtuig van Malaysian Airlines Vlug 370 nie.
PAC se bankrekeninge gevries
Die Pan Africanist Congress sukkel om verkiesingsveldtogte te hou, aangesien sy bankrekening gevries is, het die Sunday Times berig.
Gedagte vir die dag: Satan kan nie doen wat hy wil nie
Matt 5:13-14- “Julle is die sout vir die aarde … Julle is die lig vir die wêreld”. Die duiwel en sy werke word dikwels in die…