Die Gautengse verkeerspolisie het Sondag bevestig hulle gaan appèl aanteken teen Julius Malema se vryspraak op ʼn aanklag van roekelose bestuur.
Alles vir die maand Maart 2014
Man vermoor oor kleingeld
ʼn 26-jarige man is dood ná ʼn lang stryery oor kleingeld, het die Noordwes-polisie Sondag gesê.
Drie musikante sterf in karnaval-optog
Vier mense is dood en meer as 60 beseer toe ʼn voetbrug bo-op ʼn groep musikante tydens ʼn karnaval in Oruro, Bolivië, ineengestort het.
Nominasies vir Oscar-toekennings
Die 86ste Academy Awards, beter bekend as die Oscar-toekennings word Sondagaand tydens ʼn glansgeleentheid in Amerika uitgeloof.
VSA-vegvliegtuig stort neer tydens opleidingsessie
ʼn Stralervliegtuig van die Amerikaanse Vloot het Saterdag in Nevada tydens ʼn opleidingsessie neergestort.
“Zuma trek voordeel uit elektrisiteitkrisis” – Zille
Helen Zille, leier van die DA, het Saterdag gesê die ANC trek voordeel uit die land se elektrisiteitkrisis.
Opod moet baba se dood ondersoek
Paul Sebegoe, waarnemende premier van Noordwwes, het Sondag gesê die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) moet die omstandighede van ʼn drie maande oue baba se afsterwe ondersoek.
Gedagte vir die dag: God se engele is by jou
Psalm 91:11,12 – Sy engele sal jou omring wanneer die Here vir hulle sê om dit te doen. Hy sal sê dat hulle jou moet…
Paramedici waarsku oor gevaarlike wurgspeletjie
ER24-nooddienste het Vrydag ʼn podsend op hul webwerf gelaai oor ʼn gevaarlike wurgspeletjie nadat ʼn gr. 10-leerling van Hoërskool Sasolburg in Januarie gesterf het.
Benoni-fietsryer beseer toe taxi hom tref
ʼn Fietsryer in sy 30s is ernstig beseer nadat ʼn taxi hom Saterdagoggend in Vleiweg in Benoni, Gauteng, omgery het.
Video: Miljoene geniet tjelliste se “Thunderstruck”
Luka Sulic en Stjepan Hauser, beter bekend as 2Cellos, se video waarin hulle AC/DC se Thunderstruck met tjello’s speel, maak opslae op sosiale media.
Baba sterf glo weens traangas
ʼn Drie maande oue baba, wat glo traangas ingeasem het wat tydens ʼn betoging afgevuur is, is naby Brits in Noordwes dood aangetref in sy ouerhuis.
Oom sê familie sal Oscar ondersteun
Oscar Pistorius se familie sal hom regdeur sy verhoor ondersteun, het sy oom, Arnold Pistorius, Saterdag gesê.
Video: Model se hare wapper in trein se wind
Pendelaars in Stockholm in Swede was verras toe ʼn model op ʼn elektroniese advertensiebord se hare skielik opwaai toe die trein aankom.
N1 oopgestel ná ontploffing; polisielid verloor been
Die N1-snelweg naby Mokopane (Potgietersrus) in Limpopo is Saterdag weer oopgemaak nadat ʼn vragmotor ná ʼn ongeluk op die snelweg ontplof het.
Seun vas oor ouers se moord
Herman Pienaar (35) en ʼn vriend is Saterdag in hegtenis geneem in verband met die moord op Pienaar se ouers.
Onafgelewerde brief 12 jaar later terugbesorg
Deidre Allen het ʼn onafgelewerde brief ontvang wat sy 12 jaar gelede gepos het, het die Saturday Star berig.
Krejcir se vrou vrygelaat
Katerina Krejcirova, die omstrede Tsjeggiese sakeman Radovan Krejcir se vrou, is uit aanhouding vrygelaat.
“Dooie” word wakker by begrafnisondernemer
ʼn 78-jarige Amerikaner wat dood verklaar is, het wakker geword net voordat hy gebalsem kon word, het die Amerikaanse media Vrydag berig.
Oscar Pistorius het glo nuwe meisie
Annelise Burgess, woordvoerder vir die Pistorius-gesin, wou nie vrae beantwoord oor gerugte dat die moordbeskuldigde Oscar Pistorius ʼn nuwe meisie het nie, het Beeld Saterdag berig.