ʼn Video genaamd, Nkandla Style, wat die spot dryf met pres. Jacob Zuma se luukse privaatwoning in Nkandla, KwaZulu-Natal, is van YouTube verwyder.
Lees meerAlles vir Woensdag 2 April 2014
SAPD se tolgeld-bewerings is glo vals
Bewerings dat die polisie nie kon reageer op ʼn diefstal in Chapman’s Peakrylaan tussen Noordhoek en Houtbaai nie omdat hulle nie die tolgeld kon betaal nie, is Woensdag in twyfel getrek.
Phiyega-ondersoek glo nog nie afgehandel
Die polisie-waghond Opod het Woensdag ʼn berig ontken dat sy ondersoek na die polisiekommissaris Riah Phiyega afgehandel is.
Zuma minag OB en Grondwet – VF+
Zuma se verskoning dat hy nie gaan reageer totdat hy ook die verslag van die spesiale ondersoekeenheid oor die aangeleentheid ontvang het nie, is ‘n manier om sy verantwoordelikheid voor die verkiesing van 7 Mei te ontduik, het dr. Corné Mulder, VF Plus-hoofsweep, gesê.
40 besware teen verkiesingskandidate
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het sowat 40 besware ontvang teen verkiesingskandidate vir die Nasionale Vergadering en provinsiale wetgewer.
Foto’s: Polisie soek vrou wat mense glo ontvoer, en dan losprys eis
Die polisie in KwaZulu-Natal is op soek na ʼn vrou wat glo persone ontvoer en dan ʼn losprys van die persoon se familie eis. Sy vermom haar glo boonop gereeld as ʼn man.
Staalpenne by Tongaat-winkelsentrum het verdwyn
Staalpenne wat ʼn balk moes versterk om ʼn betonblok te dra by die Tongaat-winkelsentrum buite Durban in KwaZulu-Natal, word vermis.
Hof hoor oor Zuma-SMS
Die Johannesburgse hooggeregshof het Woensdag uitspraak voorbehou in die dringende aansoek deur die ANC teen die DA oor ʼn teksboodskap oor pres. Jacob Zuma.
Video: Aantal plaasaanvalle vir 2014 bekend gemaak
Daar was van Januarie tot Maart vanjaar net soveel plaasaanvalle as dieselfde tyd verlede jaar, maar die aantal moorde het afgeneem.
“Ondersoek OVK-tenders” – Malema
Julius Malema, die leier van die EFF, het gesê die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) moet ondersoek word om te bepaal of hy sake doen met maatskappye wat aan politieke partye verbind kan word.
Gratis vlugte vir afgetrede LPs nié ANC-idee
Die kantoor van die ANC se hoofsweep het Woensdag bekend gemaak dat die party aanvanklik gekant was teen ʼn voorstel dat afgetrede LPs tot 24 gratis vlugte per jaar vir 10 jaar moet kry.
Zuma se reaksie op Nkandla-verslag
President Jacob Zuma het Woensdag ʼn reaksie oor die Openbare Beskermer se Nkandla-verslag by Max Sisulu, speaker van die Nasionale Vergadering, ingedien.
Zuma sal reageer op Nkandla-verslag
President Jacob Zuma sal Woensdag reageer op die Openbare Beskermer se verslag oor opgraderings ter waarde van R246 miljoen aan sy Nkandla-woning in KwaZulu-Natal.
Video: Slimste hond help huis skoonmaak
Jesse, ʼn Jack Russell is moontlik een van die slimste honde. Heather, sy eienaar, het hom geleer om allerhande huishoudelike take te verrig.
MyCiTi-busbestuurders staak in Kaapstad
Talle MyCiTi-roetes in Kaapstad is Woensdag ontwrig nadat busbestuurders begin staak het.
Vrou se liggaam op ashoop gevind
Die liggaam van ʼn 30-jarige vrou is Woensdag op ʼn ashoop naby ʼn skool in Johannesburg aangetref.
Rea Vaya-staking duur voort
Die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersvakbond (Samwu) het Woensdag gesê die staking van Rea Vaya-busbestuurders in Johannesburg is nog nie opgelos nie.
Wes-Kaap-dierebeskermingsorganisasies moet trek
Twee van die grootste dierebeskermingsorganisasies in die Wes-Kaap is ingelig dat hulle binne drie maande moet trek om plek te maak vir lae-inkomstebehuising.
Onnie dalk van moord aangekla oor lyfstraf
ʼn Onderwyser van Johannesburg kan moontlik van moord aangekla word nadat ʼn leerling, wat hy glo met ʼn gordel oor die kop geslaan het, gesterf het.
Meer as R500 miljoen e-tolskuld; Sanral spandeer miljoene om in te vorder
Motoriste in Gauteng het glo al meer as ʼn half miljard rand in agterstallige fooie laat oploop sedert die provinsie se e-tolstelsel op 3 Desember in werking getree het.