ʼn Man van Noordwes wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn verstandelik gestremde tienermeisie verkrag het, is Vrydag op borgtog van R300 vrygelaat.
Lees meerAlles vir Vrydag 4 April 2014
Video: Van lekker lag…
Die gebruiker CutiesNFuzzies het ‘n video op YouTube gelaai van kinders wat té opgewonde raak of bietjie lomp op hulle voete is. Dit is bietjie lag by die traan…
Plaasaanval in Ugie: Polisie sal onbeantwoorde oproep ondersoek
Die polisie in die Oos-Kaap stel ondersoek in waarom ʼn telefoonoproep van ʼn gesin wat in Ugie naby Maclear op hul plaas aangeval is, nie beantwoord is nie.
Skool skuldig ná grassnyer Graad R-leerling doodry
‘n Graad R-leerling is dood nadat ʼn grassnyer by ʼn laerskool in Soweto oor hom gery het.
Video: Ermelo-boere leef in vrees
Boere leef in vrees na ‘n plaasaanval in Ermelo slegs twee dae nadat ‘n 77-jarige boer op sy plaas vermoor is.
Polisie kry voertuig terug ná kaping
Vinnige optrede deur beamptes van die Wierdabrug-polisiestasie in Centurion, Gauteng, het daartoe gelei dat ʼn 25-jarige vrou van die omgewing se voertuig vinnig opgespoor is ná sy Donderdagaand daar gekaap is.
Twee baie ernstige terugslae vir die ANC
Op een dag het die ANC twee geweldige terugslae tot voordeel van demokrasie in Suid-Afrika beleef. Suid-Afrika kan nie vir veel langer die tirannie van die ANC se magsmisbruik oorleef nie, het die VF Plus in ‘n verklaring gesê.
Video: Leeus vreet kameelperdkarkas
Die gebruiker, Chad, het met sy video, wat hy aan Kruger Sightings gestuur het, drie nagte by Sabie River Bush Lodge losgeslaan nadat dit as die beste video vir Maart 2014 aangewys is.
Departement teleurgesteld oor handboek-bewerings
Die departement van onderwys in Limpopo het sy teleurstelling uitgespreek oor “valse bewerings” van handboeke, wat nie afgelewer is nie, en toe in ʼn pakhuis in Fetakgomo opgespoor is. Foto’s van die bokse boeke in die pakhuis volg onderaan die berig.
Video: Verkragtingslagoffer dra nou kolostomiesakkie
‘n 33-jarige man is in die hooggeregshof in Port Elizabeth skuldig bevind aan die verkragting van ‘n sesjarige dogtertjie twee jaar gelede. Sy is 15 uur lank wreed verkrag.
Aanvallers buit wagte se vuurwapens
Twee mans het ʼn veiligheidswag doodgeskiet en ʼn ander in Kaapstad gewond.
Schumi toon tekens dat hy wakker word
Die voormalige F1-wêreldkampioen Michael Schumacher toon glo tekens dat hy besig is om wakker te word uit ʼn kunsmatige koma.
Taalreël: klant of kliënt?
Gebruik ons nog “klant” en “kliënt” om ‘n verskil aan te toon? Lees vandag se Taaltoffie om meer te leer.
Video: “Ons sal moet gaan slaapplek soek”
‘n Gesin is sonder ‘n heenkome nadat hulle huis gesloop is. Die gesin sê hulle het nie genoegsame kennisgewing ontvang om die eiendom te ontruim nie en dat hulle boonop té arm is om te trek.
Video: Kelnerin se “beste skof” laat die trane rol
Chelsea Roff, ʼn kelnerin van Spring Street Smokehouse BBQ in Los Angeles, Kalifornië, het onlangs die beste dag van haar lewe gehad toe Kevin Bruek van Break, kop in een mus was met ʼn paar klante en vriende.
DA wen SMS-saak
ʼn SMS wat die Demokratiese Alliansie aan meer as 1.5 miljoen kiesers in Gauteng gestuur het waarin hy pres. Jacob Zuma beskuldig dat hy staatsgeld gesteel het, was geregverdig, het die Johannesburgse hooggeregshof Vrydag bevind.
Miljoene vir presidente se gesondheid
Nosiviwe Mapisa-Nqakula, die minister van verdediging, het gesê dit is baie duur om mediese dienste aan president Jacob Zuma, sy afhanklikes en voorgangers te verskaf.
Gautrain-staking vinnig beëindig
ʼn Staking deur Gautrain-busbestuurders het Vrydag slegs ʼn paar uur lank geduur.
Okah ná tweede ontsnappingspoging na Kokstad-tronk verskuif
Henry Okah, die veroordeelde guerilla-leier van Nigerië, is al twee keer geskuif na onsuksesvolle ontsnappingspogings saam met medegevangenes, het The Star Vrydag berig.
Geen ANC-kommentaar oor Mantashe se gewapende beskerming
Die ANC wou nie Vrydag kommentaar lewer oor berigte dat Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, deur gewapende polisiebeamptes beskerm moes word tydens ʼn verkiesingsveldtog in Sterkspruit, in die Oos-Kaap nie.