Die departement van gesondheid in Noordwes ondersoek waarom ʼn kwart van 20 000 kaste babamelk vernietig moes word.
Alles vir Vrydag 4 April 2014
Hof sê oor Vavi
Die Johannesburgse hooggeregshof het Vrydag uitspraak gelewer oor Zwelinzima Vavi, voormalige uitvoerende hoof van Cosatu, se versoek om sy skorsing ter syde te stel.
Plaasaanval in Ugie: Geen antwoord by polisie ná aanval
Kort nadat ʼn boervrou aanvallers met haar man se vuurwapen verjaag het ná ʼn plaasaanval in Ugie naby Maclear in die Oos-Kaap, moes sy sukkel om die polisie in die hande te kry en boonop daarna stry om nie in hegtenis geneem te word nie.
Oupa in hof oor kleinkind se verkragting
‘n 70-jarige man van Pinetown het Donderdag in die dorp se landdroshof verskyn nadat hy glo sy kleindogter verkrag het.
Nuuskommentaar: Plaasaanvalle, die polisie en opposisie
‘n Gesin word deur plaasaanvallers oorval, die boer en sy dogter word geskiet en gewond, waarop die boervrou haar man se vuurwapen in die hande kry en op die aanvallers losbrand en een wond. En na berig word wou die polisie die boervrou in hegtenis neem omdat sy haar man se vuurwapen hanteer het.
Groot meer onder oppervlak van klein maan ontdek
Die Cassini-ruimtetuig wat om Saturnus wentel, het vasgestel dat die pluime waterdamp wat van die klein planeet Enceladus se suidpool af opgeskiet word en reeds in 2005 waargeneem is, verband hou met ‘n meer onder die oppervlak wat tot vyf kilometer diep is, en ‘n rotsbodem het.
Drie sterf in KZN-botsing
Drie mense is dood en vier beseer nadat twee voortuie Vrydagoggend in KwaZulu-Natal se Noordkus gebots het.
Gautrain-busbestuurders staak óók
Gautrain-busbestuurders in Johannesburg het Vrydag begin staak, skaars ʼn dag nadat Rea Vaya-busbestuurders in dié stad en MyCiTI-bestuurders in Kaapstad hul onderskeie stakings beëindig het.
Vavi hoor vandag oor skorsingsaak
Die Johannesburgse hooggeregshof gaan Vrydag uitspraak lewer oor Zwelinzima Vavi, voormalige uitvoerende hoof van Cosatu, se versoek om sy skorsing ter syde te stel.
Hof sê vandag oor Zuma-SMS
Die Johannesburgse hooggeregshof gaan Vrydag uitspraak lewer nadat die ANC ʼn dringende aansoek voor die hof gebring het in ʼn poging om die DA te stop om ʼn teksboodskap oor pres. Jacob Zuma te versprei.
Morula Sun skuif dalk Menlyn toe
Sun International het gesê hy gaan die sukkelende Morula Sun Casino uit Mabopane in Noordwes na Pretoria-Oos verskuif, berig EWN.
Rea Vaya-staking verby
Die Rea Vaya-busbestuurderstaking in Johannesburg is verby, het die SA Municipal Workers’ Union (Samwu) Donderdag gesê.
Baba loop op N1-snelweg
ʼn 16 maande oue kind is Donderdagaand byna deur ʼn vragmotor getref toe hy op die N1-snelweg naby die Grasmere-afrit in Gauteng gestap het.
Kind kritiek wat uit waentjie val
ʼn Tweejarige is in ʼn kritieke toestand nadat hy Donderdagmiddag uit ʼn winkelwaentjie in KwaZulu-Natal geval het.
Gedagte vir die dag: Bly volhard
Psalm 130:6,7 – Ek hou vas aan die Here, meer as wat ʼn kleintjie aan sy ma vasklou. Ek sal U nooit los nie. Julle…