Pieter Malan, die woordvoerder van Rustenburg se Sakekamer, sê die 80 000 stakende Amcu-mynwerkers hou 700 000 inwoners van die gebied gyselaar met die voortslepende staking by platinummyne naby die dorp.
Alles vir Dinsdag 8 April 2014
Man vas toe hy rioolstorting ondersoek
CW Els, ʼn gemeenskapskoördineerder van die burgerregte-organisasie AfriForum, moet eersdaags in die Petrus Steyn-landdroshof verskyn nadat hy van betreding aangekla is toe hy klagtes oor vermeende rioolstorting in dié dorp in die Vrystaat ondersoek het.
Krisis in Oekraïne verdiep – Moldawië ook ingesuig
Terwyl aktiviste in die stad Donetsk die regeringsetel bestorm en oorgeneem het en ‘n “republiek” uitgeroep het wat aansluiting by Rusland soek, het die “republiek” Transnistrië in Moldawië ook aangedui dat hy aansluiting by Rusland soek.
DA verwelkom parlement se Nkandla-ondersoek
Die DA het Dinsdag Max Sisulu, speaker van die Nasionale Vergadering (NV), se voorstel verwelkom dat ‘n veelparty-parlementêre komitee die Nkandla-verslag voor die algemene verkiesing op 7 Mei moet ondersoek.
Plaasmoorde, grondhervorming en regstellende aksie in Ermelo aangespreek
Verskeie leiers van die Vryheidsfront Plus het oor die naweek in Ermelo vergader nadat die liggaam van JR Buhrman (77) verlede Maandag op sy plaas in die omgewing aangetref is, en die bejaarde egpaar, Edward en Ina de Villiers, ʼn paar dae later wreed op hul plaas aangerand is.
Dewani land in SA
Die Britse sakeman en wittebrood-moordverdagte, Shrien Dewani, het omstreeks 09:00 in Kaapstad geland nadat hy aan die land uitgelewer is.
Uitdrukking: Top!
Waarom sê ons “Top!” as ons instem oor iets? Lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind: selfs kinders het jare gelede dié gebruik gehad.
Resep: Karringmelkbeskuit
Wat is dan nou lekkerder as ‘n koppie boeretroos en ‘n karringmelkbeskuitjie? Hier is ‘n baie maklike resep.
Nuuskommentaar: Gaan SA weer sportisolasie tegemoet weens kwotas?
Fikile Mbalula, die minister van sport, dreig om sportkodes te “transformeer” en oornag 60% (swart) kwotas in te sluit. Hy praat ook sommer namens die privaatsektor wanneer hy oor die opdroog van fondse dreig. Erns of verkiesingsbog?
Spesiale komitee gaan Nkandla-verslag ondersoek
Max Sisulu, speaker van die Nasionale Vergadering (NV), het aangedui dat die parlement die Nkandla-verslag voor die algemene verkiesing op 7 Mei gaan ondersoek.
Dewani vandag in SA
Shrien Dewani land Dinsdag omstreeks 11:00 in Kaapstad nadat hy vroeër aan Suid-Afrika uitgelewer is. Hy staan tereg vir die moord op sy vrou Anni.
Bob Geldof sê oor sy dogter se dood
Die rockster-filantroop sir Bob Geldof sê sy familie in is in verskriklike pyn oor die dood van sy dogter Peaches (25).
OVK-werknemers mag nie staak nie
Die Onafhanklike Verskiesingskommissie (OVK) sê sy werknemers mag nie staak nie.
Man skuldig aan hamer-aanval wat lei tot genadedood
ʼn Man van Mpumalanga wat sy vrou so erg met ʼn hamer aangerand het dat sy haar tot genadedood gewend het, is in die Nelspruit-landdroshof aan poging tot moord skuldig bevind.
Polisieman hang hom na hy glo verkrag
Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) stel ondersoek in nadat ʼn polisiebeampte in aanhouding selfmoord gepleeg het.
Gedagte vir die dag: Wanneer jy nie haastig is om te vergewe nie
Lukas 6:27 – “Jy moet jou vyande liefhê en bid vir die wat jou vervolg.” Die wêreld is nie altyd ʼn mooi plek om in te…