MM Walters se gedig, “Skeepsverslag: Titanic”.
Alles vir Woensdag 9 April 2014
Polisie soek hulp ná video oor kindermishandeling
Die Gautengse polisie het Woensdag versoek dat die persoon, wat ʼn video geneem het van ʼn kleuter wat by ʼn dagsorgsentrum in Rosettenville, Johannesburg, vasgebind is, na vore sal kom om hulle met hul ondersoek by te staan.
Bloemhof brand weer
Inwoners van Boitumelong in Bloemhof, Noordwes, het Dinsdag 12 huise van polisiebeamptes in die gebied afgebrand.
93-jarige verloor burgemeestersverkiesing na 19 termyne
Die VSA se oudste voltydse burgemeester, die 93-jarige John Land van Apopka in Florida, het na 19 termyne die onderspit teen ‘n “snuiter” gedelf.
Nuuskommentaar: Cosatu-lapwerk – pleistertjies op die kanker
Op die oog af lyk dit of die ANC deur die ingryping van Cyril Ramaphosa ‘n blaaskansie kry met die voorlopige systap van die breekspul in Cosatu.
66-jarige vlieërplankryer sterf
ʼn 66-jarige man is Dinsdag in Port Alfred in die Oos-Kaap dood nadat hy ineengestort het terwyl hy saam met sy seun vlieërbranderplank gery het.
Video: Studente se Aprilgekgrappie ‘n internetsensasie
Studente het hul dosent op Aprilgekdag met ʼn slap riem gevang. Die video is die afgelope vier dae reeds byna 20 miljoen keer gekyk.
Nkandla-stories is “witmense se liegstories”
Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, het berigte oor president Jacob Zuma en sy Nkandla-woning as “witmense se liegstories” beskryf, het die SAUK Woensdag berig.
SANParke-werkers in hof oor renosterstropery
Twee werknemers van SANParke verskyn Woensdag in die Witrivier-landdroshof nadat hulle in hegtenis geneem in verband met renosterstropery.
Sportminister is “Nar van die Week” – VF+
Die Vryheidsfront Plus het hul stem dik gemaak saam met die vakbond Solidariteit en burgerregte-organisasie AfriForum oor Fikile Mbalula, minister van sport, se voorneme dat nasionale sportspanne binnekort ʼn kwota van 60% swart spelers moet bevat.
Video: Reeksverkragter kry meer as 800 jaar
Een van Suid-Afrika se gevaarlikste reeksverkragters van die afgelope dekade is 22 keer lewenslange tronkstaf opgelê.Benewens dié vonnisse is hy nog 215 jaar tronkstraf opgelê vir sy ander oortredings. Die vonnisse is nie samelopend nie.
Een verdagte, een veiligheidswag dood tydens Witbank-transitorooftog
Twee mense, insluitend ʼn veiligheidswag, is Dinsdag tydens ʼn transitorooftog in Witbank doodgeskiet en ʼn derde is beseer.
Sóveel betaal vir Dewani se vlug
Die departement van justisie het Dinsdag bekend gemaak presies hoeveel aan ʼn privaatvliegtuig spandeer is om die moordbeskuldigde Shrien Dewani van die Verenigde Koninkryk na Suid-Afrika te bring.
Seine van vlugopnemer weer opgespoor
Toerusting op ʼn skip wat op soek is na die vermiste vliegtuigwrak van Malaysia Airlines, het weer die onderwatersein opgespoor wat soortgelyk is aan die vliegtuig se vlugopnemer.
Gedagte vir die dag: Waarlik sout
Matt 5:13 – “Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry ’n mens dit weer sout? Dit is niks meer…