Simon Magakwe het Saterdag in Pretoria tydens die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskap die eerste Suid-Afrikaner geword wat die 100 meter binne 10 sekondes voltooi het.
Lees meerAlles vir Saterdag 12 April 2014
Zuma vier sy verjaarsdag
President Jacob Zuma het Saterdag sy 72ste verjaarsdag in die Wes-Kaap gevier.
Departement het slegs ses klagtes ontvang
Die departement van maatskaplike ontwikkeling in Gauteng het die afgelope jaar slegs ses klagtes oor onwettige of ongeregistreerde dagsorgsentrums ontvang, het die Saturday Star berig.
Video: Beste straatmusikant laat waai op emmerdromme
Lachlan Robinson, beter bekend as Gordo, speel al dromme sedert hy 10 jaar oud is. Hierdie video is reeds meer as 8 miljoen keer op YouTube gekyk.
Polisie moet meer as R200 miljoen opdok
Die ministerie van polisie het miljoene rand betaal na verskeie sake oor onbehoorlike polisiegedrag, het die Saturday Star berig.
PE-hengelaar deur haai gebyt
Lionel McDougall (42) van Port Elizabeth is Saterdagoggend in Port Alfred in die Oos-Kaap deur ʼn haai gebyt, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
Saak van poging tot moord teen baba onttrek
ʼn Hof in Pakistan het Saterdag die saak van poging tot moord teen ʼn nege maande oue baba laat vaar.
Skoliere glo aangeval omdat hulle ooggetuies was
Altesaam 11 hoërskoolseuns is Vrydagmiddag in Cedara naby Pietermaritzburg beseer toe seuns hulle op ʼn skoolbus met messe aangeval het.
Foto’s: “Laat Derby-Lewis vry”
Clive Derby-Lewis, een van die mans wat skuldig bevind is aan SAKP-leier Chris Hani se moord, moet vrygelaat word, het Front Nasionaal (FN) Saterdag gesê.
Diamant vir R210 000 verkoop wat tiener in park optel
ʼn Tiener van Oklahoma City in Amerika het ʼn diamant, wat sy in ʼn park opgetel het, vir $20 000 (byna R210 000) verkoop.
Madonsela sê haar Nkandla-verslag is finaal
Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, se kantoor het Vrydag gesê sy gaan nie haar bevindings oor Nkandla met die regering se sekuriteitsgroepering bespreek nie.
Wêreld deur groot aardbewings geskud
‘n Reuse aardbewing van 7,1 op die momentmagnitudeskaal in Papua Nieu-Guinee, is deur naskokke geskud, waarvan die een M6,7 gemeet het. Geen berigte van groot skade of lewensverlies is nog ontvang nie.
Bloemfontein dalk binnekort sonder water
Bloemfontein en Botshabelo kan moontlik teen Augustus sonder water sit, het die burgerregte-organisasie AfriForum, in ʼn verklaring gesê.
Publiek glo mislei oor 1 017 polisielede se afdanking
Die polisievakbond Sapu het Vrydag gesê die publiek word mislei oor die afdanking van meer as 1 000 polisiebeamptes.
Rowers buit plastiekbakkie in plaas van kontant
ʼn 63-jarige vrou is Vrydagaand in Lenasia, Johannesburg, doodgeskiet nadat haar aanvallers gedink het sy dra kontant by haar in plaas van ʼn plastiekbakkie in ʼn plastieksak.
Jannie Moolman se derde operasie ‘n sukses
Jannie Moolman se derde operasie was ook ʼn sukses.
Gedagte vir die dag: God se sorg hou nooit op nie
Psalm 138:8 – Die Here sal vir my sorg totdat ek doodgaan. U liefde hou nooit op nie. Moet asseblief nie ophou om vir my…