Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, het Dinsdag gesê hy haat nie witmense nie, en daar sal nie ʼn volksmoord plaasvind onder sy leierskap nie.
Lees meerAlles vir Dinsdag 15 April 2014
Oscar Pistorius-moordverhoor: MRK verwerp aanklag teen staatsaanklaer Gerrie Nel
Die Menseregtekommissie het ʼn klag teen staatsaanklaer Gerrie Nel verwerp.
Tiener in hof oor familielede se plaasmoord
ʼn Tiener het Dinsdag in verband met die plaasmoord op die egpaar Will en Anje Kiesling van Lephalale (Ellisras) in Limpopo, in die hof verskyn.
Video: Plek van veiligheid maak toe danksy TV-program; reusetekort aan kinderhuise
Jedidiah Safe Haven in Hartbeespoort, Noordwes, se deure is toegemaak nadat die televisieprogram, Carte Blanche, ongerymdhede soos verbale en fisiese misbruik, minderjarige seks en tienerswangerskappe ontbloot het.
Vliegtuigongeluk in Melkbosstrand
‘n Man is Dinsdag dood toe sy ligte vliegtuig op ‘n plaas naby die M19 in Melkbosstrand in die Wes-Kaap neergestort het.
Video: Skaaphond snuffel brulpaddas uit
Plaaslike grootbrulpaddas kry eersdaags beskerming uit ‘n onverwagse oord.
Resep: Bobotie
Heerlike bobotie met ‘n vrugtemengsel daarin.
Video: Nuwe middel teen osteo-artritis
Miljoene Suid-Afrikaners ly aan osteo-artritis en ‘n middel om dié toestand beter te behandel, is nou ook op plaaslike apteekrakke beskikbaar.
Video: Cowboys wen stryd in Wilde Weste-herlewing
‘n Onwerklike toneel het hom afgespeel toe ‘n groep cowboys, ter ondersteuning van die beesboer, Cliven Bundy, stadig op ‘n federale mag
“Ewige stad” Rome dalk eeu ouer
Volgende week vier Rome sy 2 767ste verjaarsdag, maar Rome is heel waarskynlik ouer as die formele stigtingsdatum deur die broers Romulus en Remus wat volgens oorlewering op 21 April 753 voor Christus plaasgevind het.
Mercedes-Benz GLA eindelik hier
Nadat die derde generasie van die Mercedes-Benz A-klas verlede jaar hier bekendgestel is, is die derde variasie van dié model, die GLA, pas hier bekendgestel.
Groot aardbewing suid van Suid-Afrika
‘n Aardbewing wat 6,9 op die momentmagnitudeskaal geregistreer het, het sowat 400 kilometer noordoos van Bouvet-eiland voorgekom. Die episentrum was 2 279 kilometer suid van Hermanus.
OVK-baas ignoreer glo eise dat sy moet bedank
UDM-leier Bantu Holomisa het Pansy Tlakula, die voorsitter van die OVK, daarvan beskuldig dat sy nie op opposisiepartye se versoek, dat sy moet bedank, reageer het nie.
Ebola-virus eis 121
Die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) het bekend gemaak die dodelike Ebola-virus wat in Wes-Afrika uitgebreek het, het reeds tot 121 sterftes gelei.
Boek: Andries Anders
Die storie is humoristies en propvol avontuur – pragtig geïllustreer en perfek vir selflees en voorlees.
Video: Die wêreld se ergste werk
Onbeperkte ure. Geen pouses of vakansie nie. ʼn Maatskappy het ʼn pos “uitgedink” en ʼn advertensie daarvoor gepubliseer. Daar is egter ʼn kinkel in die kabel. Hierdie is ‘n moet-sien-advertensie!
Ghoema-toennings: verdien die wenners dit?
Die wenners van die enigste onafhanklike Afrikaanse musiektoekennings, die Ghoemas, is Sondagaand by Carnival City bekendgemaak.
Mthethwa kan nie tel nie – AfriForum
Die burgerregtegroep AfriForum het in reaksie op die minister van polisie, Nathi Mthethwa, se opmerkings dat Suid-Afrika die stryd teen misdaad wen, gesê dat die minister die waarheid verdraai vir verkiesingspublisiteit.
40 babalykies in hospitaal gevind
Die liggame van 40 babas is in ʼn staatshospitaal in Rio de Janeiro aangetref.
Oscar Pistorius-moordverhoor: Gerrie Nel sluit kruisondervraging af
Staatsaanklaer Gerrie Nel het Dinsdag sy kruisondervraging van die moordbeskuldigde Oscar Pistorius in die Pretoriase hooggeregshof afgesluit.