Die hooggeregshof in Johannesburg het Dinsdag uitspraak gelewer oor Radovan Krejcir, die omstrede Tsjeggiese sakeman, se vierde aansoek om borgtog.
Alles vir Dinsdag 15 April 2014
PTA-man glo deur eksmeisie doodgeskiet
Lin Pretorius, ʼn 36-jarige vrou van Pretoria, het Dinsdag in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn in verband met die moord op haar voormalige kêrel.
DA hof toe omdat Okosa voete sleep
Die Demokratiese Alliansie het Dinsdag gesê hy gaan ʼn dringende hofaansoek by die hooggeregshof indien om die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) te dwing om ag te slaan op hul klagte teen die SAUK.
Nuuskommentaar: Is Ronnie ANC se Kasrils se deksel
Terwyl die staat appèl aanteken teen twee uitsprake van die Arbeidshof in Kaapstad wat bevind het die Departement van Korrektiewe Dienste (DKD) diskrimineer spesifiek teen bruin mense in die Wes-Kaap met sy aandrang op nasionale “kwotas” kry die DA ‘n prokureursbrief van die ANC om ‘n pamflet wat juis hierop gebaseer is as “leuens” te onttrek.
Nigerië-ontploffing eis 71
Die Suid-Afrikaanse regering het sy medelye betoon met Nigerië gestuur nadat ʼn bomaanval Maandag in Amuja tot die dood van 71 mense gelei het.
Uitdrukking: ‘n Knertsie maak
Waar kom die uitdrukking “‘n knertsie maak” vandaan? Lees vandag se Taaltoffie om meer te lees!
Video: Oekraïense presidentskandidaat afgeransel
Woedende betogers het Oleg Tsarov, een van die presidentskandidate in Oekraïne, buite ‘n televisiestasie in Kiëf waar hy ‘n onderhoud gevoer het, toegetakel.
10-jarige op snelweg doodgery
ʼn 10-jarige skoolseun is Dinsdagoggend glo deur ʼn minibustaxi doodgery toe hy die M13-King Cetshway-snelweg in Pinetown, KwaZulu-Natal, wou oorsteek.
Rustenburg: Groot kommer indien Amplats toemaak
Die platinummynreus Anglo American (Amplats) het aangedui dat hy van sy myn naby Rustenburg ontslae wil raak weens die voortslepende Amcu-staking wat al sedert Januarie duur, het Business Day Maandag berig.
Twee sterf ná bakkie in kloof beland
Twee mense is Maandagaand dood en agt beseer nadat die bakkie waarin hulle gery het omstreeks 20:00 naby Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal gerol en in ʼn kloof beland het.
Olievenhoutbosch-inwoners betoog
Die R55-afrit op die Krugersdorp-snelweg in Gauteng is Dinsdag vir verkeer gesluit nadat betogers van Olievenhoutbosch, suid van Pretoria, die pad met brandende bande en klippe versper het.
Egpaar in hof oor ‘gesteelde’ vigsmiddels
ʼn Egpaar het in die Kanyamazane-landdroshof buite Nelspruit, Mpumalanga verskyn nadat hulle glo antiretrovirale middels gesteel het.
Oscar is ‘n ‘walglike leuenaar’ sê Reeva se sus
Reeva Steenkamp se ouer suster het Oscar Pistorius as ʼn “walglike leuenaar” beskryf nadat sy van Pistorius se getuienis in die hof gehoor het.
Meisie (14) in sop oor Twitter-dreigement
Die polisie in Nederland het ʼn tienermeisie in hegtenis geneem nadat sy haar glo op Twitter as ʼn lid van Al-Kaïda voorgedoen en American Airlines gedreig het.
Gedagte vir die dag: Kan pyn ‘n gawe wees?
Markus 1:40 – Daar kom toe ʼn melaatse man na Hom toe wat smekend op sy knieë voor Hom neerval en vir Hom sê: “As…