ʼn 3.8m-lange Burmese luislang is buite haar hok gevind nadat haar verdwyning gister groot konsternasie veroorsaak het.
Alles vir Donderdag 17 April 2014
SA-tiener red drie Duitsers uit see
Jaco Rossouw (17), ʼn plaaslike inwoner van Port Alfred in die Oos-Kaap, het Woensdag drie Duitsers van verdrinking in die see gered.
Jong vlieënier was ʼn ware “gentleman”
Marco Pfeil, die 21-jarige vlieënier van Bredasdorp in die Wes-Kaap wat Dinsdag in ʼn ligtevliegtuigongeluk gesterf het, sal as ʼn ware “gentleman” onthou word.
VN-veiligheidsraad wil volksmoorde voorkomend aanspreek
Met die VN-veiligheidsraad se bespreking ter herdenking van die Rwandese volksmoord van 1994, het die lidlande besluit dat die probleem in die toekoms meer doelbewus en sistematies as reaktief, soos in die verlede, aangespreek moet word.
Nuwe laekoste-lugredery kry vlerke
ʼn Nuwe laekoste-lugredery, FlySAfair, het sy lisensie bekom om plaaslike vlugte in Suid-Afrika te bedryf.
Veroordeelde ná 14 jaar eers tronk toe
‘n Amerikaner wat in 2000 in Missouri weens gewapende roof dertien jaar gevangenisstraf opgelê is weens gewapende roof, moet nou sy tronkstraf begin uitdien.
68 ernstig beseer toe twee busse bots
Altesaam 68 mense is ernstig beseer nadat twee busse Donderdagoggend op die N1-snelweg buite Bloemfontein gebots het.
Valke gaan Pelgrimsrus-huurtenders ondersoek
Die Valke het bekendgemaak dat hulle ʼn hoëvlak-ondersoek van stapel gaan stuur om te bepaal of daar onreëlmatighede met huurtenders op Pelgrimsrus was as gevolg van die beweerde onreëlmatige betrokkenheid van amptenare.
Nuuskommentaar: Kleine ta’ Grietjie wys “groot” leiers hoe
Omstredenheid bring bekendheid, maar nie bemindheid en respek nie. Dié waarheid leer die land nou weer met die heengaan van ‘n klein mensie uit ‘n klein dorpie in die Namakwaland, ta’ Grietjie Adams. Maar klein soos sy is, het sy diep, baie diep spore deur baie mense se hart getrap.
Vyftien beseer toe brandweerwa in eetplek inry
Minstens vyftien mense is beseer toe twee brandweerwaens oppad na ‘n brand in Los Angeles teen mekaar gebots en die een toe in ‘n eetplek ingejaag het.
Polisiebeampte by stasie doodgeskiet
ʼn Polisiebeampte van die Wes-Kaap is Woensdagaand omstreeks 10:30 by die Klapmuts-polisiestasie waar hy of sy aan diens was, doodgeskiet.
Man kritiek ná hartaanval op motorfiets
ʼn Man is in ʼn kritieke maar stabiele toestand nadat hy Woensdag in Roodepoort, Gauteng, van sy motorfiets afgeval het toe hy ʼn hartaanval gekry het.
Uitdrukking: Jou kop op ‘n blok sit
Lees vandag se Taaltoffie om uit te vind waar die uitdrukking “jou kop op ‘n blok sit” vandaan kom.
Resep: Hertzoggies
Hierdie Hertzoggie-resep het die eerste prys behaal op die Pretoria-skou.
Zuma glo luidkeels uitgejou
President Jacob Zuma is glo Woensdag luidkeels uitgejou in Malamulele in Limpopo, berig City Press.
Man wat glo vrou voor dogters vermoor weer in hof
ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy Annemarie van Zyl, ʼn winkeleienaar, voor haar kinders vermoor het, het Woensdag in die Kempton Park-streekshof verskyn.
Puk: Engels moet gelyk met Afrikaans, sê verslag
Die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Unversiteit moet sy taalbeleid aanpas om Engels op gelyke voet met Afrikaans te stel.
Gedagte vir die dag: Weeg jou woorde
Psalm 141:3 – Here, help my om nie onnodig te praat nie. Dit is verskriklik om soms TV te kyk en te sien hoe mense…