Fikile Mbalula, minister van sport, sê ʼn kwota van 60% swart spelers in nasionale sportspanne sal op niemand afgedwing word nie.
Lees meerAlles vir Woensdag 23 April 2014
Tugstappe ná herrie oor FNB-twiet
Eerste Nasionale Bank (FNB) sê hy is besig met dissiplinêre stappe na ʼn aanstootlike twiet van een van die bank se Twitter-rekeninge ‘n herrie op sosiale media veroorsaak het.
Drie skuldig aan plaasmoord
Drie mans is Woensdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg skuldig bevind aan die moord op ʼn boer van Vryheid in KwaZulu-Natal.
DA en EFF ontken koalisie-praatjies
Die DA en die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Woensdag berigte dat hul moontlik na die verkiesing ʼn koalisie gaan vorm ontken.
Klag laat vaar na vrou ‘inbreker’ skiet
Die aanklag van poging tot moord teen ʼn apteker van die Vrystaat wat haar man geskiet het, is teruggetrek, berig Beeld.
Paasnaweek-padsterftes neem af
Die aantal sterftes op die land se paaie die afgelope Paasnaweek het afgeneem in vergelyking met dieselfde periode verlede jaar, het die minister van vervoer Woensdag aangekondig.
Geringe verligting vir motoriste
Die vooruitsig vir beduidend laer brandstofpryse in Mei lyk nie meer so goed soos dit vroeër vandeesmaand gelyk het nie.
Kankermedisynetekort by Charlotte Maxeke-hospitaal
Sommige pasiënte se kankerbehandeling by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg is tydelik gestaak weens ʼn tekort aan noodsaaklike chemoterapie medisyne.
VF Plus en Transnet-pensioenarisse ruk op na Uniegebou
Honderde Transnet-pensioenarisse en hul familielede gaan Donderdagoggend saam met die Vryheidsfront Plus (VF Plus) na die Uniegebou in Pretoria opruk as deel van ʼn openbare betoging oor dié werkers se pensioenfondse.
SA’ner-ma vas vir moord op drie kinders
ʼn Vrou van Suid-Afrika is in hegtenis geneem nadat drie kinders dood aangetref is in ʼn huis in Londen, het die Britse polisie Woensdag bevestig.
Video: Geen teken van vermiste vliegtuigwrak ondanks “voorwerp van belang”
Tony Abbott, eerste minister van Australië, het Woensdag gesê die soekspan moet weer besin oor sy strategie, nadat geen wrakstukke nog van die vermiste vliegtuigwrak van Malaysia Airlines opgespoor is nie.
Reservaatbaas geskors wat glo openbare grond misbruik
Debbie Joubert, ʼn bestuurder by die Roodeplaatdam-natuurreservaat in die noorde van Pretoria, is glo deur die Gautengse departement van infrastruktuurontwikkeling (DIO) geskors nadat sy na bewering grond van dié reservaat vir private gewin gebruik het.
Kos aan Solidariteit-lede wat swaarkry weens voortslepende mynstaking
Solidariteit Helpende Hand sal Donderdag tydens ’n uitreikaksie in Mooinooi, Noordwes, kos aan Solidariteit-lede uitdeel.
Seuntjie se onthoofde liggaam in vlak graf gevind
Die verminkte liggaam van ʼn vierjarige seun is Dinsdag in ʼn vlak graf in ʼn bebosde gebied in Kaapstad aangetref.
Seerowers ontvoer drie bemanningslede van Singapoer-skip
Swaar gewapende seerowers het drie bemanningslede van ʼn Singapoer-beheerde tenkskip in die Straat van Malakka ontvoer en van die dieselvrag gesteel.
DA betoog in Johannesburg
Honderde DA-ondersteuners het Woensdag weer Johannesburg se strate ingevaar om oor werk te betoog.
Betogers maak amok in Randfontein
Altesaam 12 mense is Woensdag weens openbare geweld in hegtenis geneem nadat hulle in Randfontein in die Wes-Rand betoog het.
Afrikaners soek ook ekonomiese vryheid – EFF
Volgens die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) glo Afrikaners, waaronder sommige boere, ook in ekonomiese vryheid, het Beeld Woensdag berig.
Identikit van “pangaman” uitgereik
Die polisie in Middelburg, Mpumalanga, het ʼn identikit uitgereik van ʼn persoon wat Deon van der Merwe en sy vriendin Catharina Fourie glo op 7 Maart by die Pienaardam-vakansieoord met ʼn panga aangeval het.
Grondgryp in VSA op spits gedryf?
‘n Verwikkeling, volgens die media aanvanklik “onder die radar” het al meer en meer opslae in die VSA begin maak.