Mark Shand, die hertogin van Cornwall se broer, is oorlede ná ʼn fratsongeluk buite ʼn nagklub in New York.
Lees meerAlles vir Donderdag 24 April 2014
Chanelle Henning se moordenaars kan appèl aanteken
Chanelle Henning se veroordeelde moordenaars Ambrose Monye en Andre Gouws, se aansoek om verlof tot appèl is Donderdag in die Pretoriase hooggeregshof toegestaan.
Prieska-vliegtuigongeluk word nog ondersoek
Die Burgerlike Lugvaartowerheid het Donderdag gesê die vliegtuigongeluk naby Prieska, waartydens Louis-John Botha en Geogina Joubert gesterf het, word nog ondersoek.
Foto’s: Helikopter-landing op JHB-snelweg
Die N1 in Johannesburg is Donderdagmiddag vir verkeer gesluit vir ‘n helikopter van ER24 om te land.
Musiekkonserte ten bate van Jannie Moolman
‘n Groot hoeveelheid top Afrikaanse kunstenaars trek op Woensdagaand 21 Mei saam in onderskeidelik Pretoria en Kuilsrivier vir twee gelyklopende musiekkonserte ten bate van die beseerde tenoor Jannie Moolman.
Video: Junior-bokke almal “op meriete” gekies
SARU het ‘n groep van 28 spelers bekend gemaak wat in Junie in Nieu-Seeland om die Junior Wêreldbeker-titel gaan meeding. Die keurders het die versekering gegee dat elke speler in die groep op meriete gekies is.
“Dawid” pak “Goliats” oor versuim om te ontwapen
Die Marshall-eilande het die wêreld se kernlande voor die Internasionale Geregshof in Den Haag gesleep.
Belastinginvordering kos glo meer as wat die SAID bestee
Die SAID verklaar in sy jongste jaarverslag dat die administratiewe koste verbonde aan die invordering van belasting oor die afgelope ses jaar ongeveer 1% tot 1,2% van die totale belasting wat ingesamel is, beloop het.
Suksevolle optog deur Transnet-pensioenarisse
Transnet se pensioenarisse het Donderdag na die Uniegebou in Pretoria opgeruk waar ‘n beswaarskrif aan president Jacob Zuma se kantoor oorhandig is oor die skandalige lewensomstandighede van die pensioenarisse.
Nkandla-komitee vergader vir die eerste keer
Opposisiepartye het Donderdag versoek dat pres. Jacob Zuma en die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, voor die ad hoc-komitee moet verskyn wat Zuma se reaksie op haar Nkandla-verslag moet oorweeg.
OB een van Time se Top 100
Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, het Time-tydskrif se jaarlikse lys van die 100 invloedrykste persone gehaal.
Foto’s: Eerste sneeu vir 2014
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Donderdag bevestig ligte sneeu het op die grens tussen Lesotho en KwaZulu-Natal geval. Nog foto’s volg onderaan die berig.
Meegevoel vir sterwende joernalis
Talle persone betuig hul meegevoel met Carlien Wessels, vryskutjoernalis en voormalige redakteur, wat in ʼn kritieke toestand in ʼn Johannesburgse hospitaal lê.
Oscar Pistorius dalk in leuen betrap
Die Daily Maverick berig Oscar Pistorius het moontlik, in ten minste een opsig, vals getuienis aan die hof voorgehou tydens sy moordverhoor in die Pretoriase hooggeregshof.
Twee sterf in Upington-vliegtuigongeluk
ʼn Man en ʼn vrou, wat vermoedelik verloof was, is dood nadat ʼn ligte vliegtuig Dinsdag naby Niekerkshoop, tussen Prieska en Griekwastad in die Noord-Kaap, op ʼn grondpad neergestort het.
Foto’s: Solidariteit Helpende Hand verskaf kos aan lede wat swaarkry weens mynstaking
Solidariteit Helpende Hand het vandag tien ton kos tydens uitreikaksies in Mooinooi en Rustenburg aan Solidariteit-lede versprei.
Resep: Vetkoek
Heerlike vetkoekresep.
Dink voor jy stem, vra Tutu
Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu het Woensdag kiesers gemaan om noukeurig te oorweeg vir watter party hulle op 7 Mei gaan stem.
Dunay en Kurt is swanger
Dunay van Heerden, Kurt Darren se vrou, het Donderdag op Twitter bekend gemaak dat sy swanger is.
Video: Seun sing Christelike liedjie totdat ontvoerder hom vrylaat
Willie Myrick, ʼn negejarige seun van Atlanta in Amerika, het glo aanhoudend ʼn Christelike liedjie gesing totdat sy ontvoerder hom vrygelaat het.