Die Suid-Afrikaanse regering se inmenging in die lewens van sy burgers belemmer hul vryheid deur te keer dat hul eerstegenerasie-regte verwesenlik word, het die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) op die viering van Vryheidsdag gesê.
Lees meerAlles vir Sondag 27 April 2014
Video: Groot verrassing vir paartjie ‘n internetsensasie
‘n Video van ‘n bruid en bruidegom wat tydens hul huwelikseremonie ‘n groot verrassing gekry het, is die afgelope 20 dae al byna 34 miljoen keer op YouTube gekyk.
Franse polisie verkrag glo Kanadese toeris
Twee polisiebeamptes van Parys, Frankryk, word voorlopig ondersoek nadat hulle glo ʼn toeris van Kanada binne die polisiehoofkantoor verkrag het.
“Kaper” vrygelaat
Matt Christopher Lockley, ʼn Australiër wat ʼn kapingswaarskuwing op ʼn Virgin Australia-vliegtuig laat afgaan het toe hy aan die kajuit se deur gehamer het, is sonder enige aanklagte vrygelaat.
Persfoto’s verwyder van ANC-T-hemde wat vervoer word
Foto’s van ANC-T-hemde wat in ʼn voertuig van die Gautengse verkeerspolisie vervoer is, is van ʼn joernalis se selfoon verwyder.
Video: Die einde van karwas?
Nissan het Donderdag ʼn prototipe-motor bekend gestel wat moontlik nooit gewas hoef te word nie.
Foto’s: Marlyn het vissermanne deurboor
Die twee vissermanne wat beseer is toe ʼn marlyn tydens ʼn visvangkompetisie op hul boot beland het, se beserings word glo hoofsaaklik toegeskryf aan die vis se snawel wat hulle deurboor het, het die NSRI gesê. Foto’s van skade aan die boot volg onderaan die berig.
Sakeman skenk werpsel hondjies aan SAPD
Bashir Pattel, ʼn sakeman van Bergville in Ladysmith, in KwaZulu-Natal, het vandeesweek ʼn werpsel hondjies aan die polisie se honde-eenheid oorhandig.
Vavi sal nie lieg vir ANC
Zwelinzima Vavi, uitvoerende hoof van Cosatu, sê hy sal by die vakbondfederasie se besluit hou om die ANC se verkiesingsveldtog te ondersteun, maar gesê sy ondersteuning is nie onvoorwaardelik nie, het die Sunday Times berig.
Medelye stroom steeds in vir leraar wat selfmoord pleeg
Medelye stroom steeds in nadat André Myburgh, die pastoor van Communio Church in Nelspruit, Vrydagoggend sy eie lewe op die kerk se perseel geneem het.
Plaasmoord: Een dood, een beseer in Geluk, Noordwes
Een persoon is Saterdagaand dood en een persoon baie ernstig beseer in ʼn plaasaanval by Losloperfontein in die Geluk-distrik naby Brits.
Foto’s: Vier ontvlug brandende motor
Vier mense het Sondagoggend in Woodstock, Kaapstad, uit ʼn brandende motor ontvlug.
Ouers en baba sterf in ongeluk
ʼn Egpaar en hul baba het Saterdagaand in Muldersdrift, wes van Johannesburg, in ʼn trompop-botsing gesterf.
Vier kinders brand dood
Vier kinders het verkool in Fouriesburg in die Vrystaat toe ʼn brand in ʼn informele huis by De Pan-plaas uitgebreek het, het die SAUK Sondag berig.
Foto’s: Vryheidsdag: Só onthou ons 1994
Suid-Afrika vier vandag, 27 April 2014, twintig jaar van demokrasie. Hier volg ‘n paar foto’s uit 1994 om Vryheidsdag mee te vier.
DA moet “aanstootlike foto” verwyder
Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika het Vrydag beslis dat die DA ʼn foto, waar ʼn polisiebeampte ʼn vuurwapen op twee inwoners rig, uit hul advertensie moet verwyder.
Hoë geskors oor babamelkpoeier-saga
ʼn Senior beampte van die plaaslike regering in Noordwes is geskors oor sy beweerde rol in die aanskaffing van babamelkpoeier en die versuim om dit te versprei.
Twee SA’ners in Thailand vas vir dwelms
Twee Suid-Afrikaners is die afgelope maand by die Bangkok Internasionale Lughawe in hegtenis geneem op aanklag van dwelmhandel. Foto’s van die twee beskuldigdes tydens perskonferensies wat in Bangkok gehou is, volg onderaan die berig.
Motorfietsryer soek valstande op snelweg
ʼn Motorfietsryer het Saterdag die verkeer op een van Madrid, Spanje, se besigste snelweë tot ʼn stilstand gedwing toe hy afgetrek het om na sy valstande te soek.
Twee vissermanne deur marlyn beseer
Twee vissermanne is Saterdag tydens ʼn visvangkompetisie in Durban ernstig beseer deur ʼn marlyn wat ongeveer 140 kg geweeg het.