ʼn Motorfietsryer wat gesien het hoe ʼn passasier die bus verpas, het vinnig sy hulp aangebied.
Lees meerAlles vir Dinsdag 29 April 2014
De Jager het tieners vermoor
Johannes Christiaan de Jager is Dinsdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof skuldig bevind aan die moord op twee tieners.
Dogtertjie sterf nadat sy petrol drink
ʼn Driejarige dogtertjie van Krugersdorp is dood nadat sy petrol gedrink het.
Video: Prinsloo, Semenya met Nasionale Ordes vereer
Verskeie Suid-Afrikaners is op Vryheidsdag vereer met die land se hoogste toekennings. Hulle het, tesame met buitelanders wat teen apartheid gestry het, by die presidensiële gastehuis hulle nasionale ordes ontvang.
Resep: Asynpoeding
‘n Leser het dié heerlike asynpoedingresep met ons gedeel.
Ma wat glo kinders vermoor in hospitaal aangehou
Tania Clarence (42), die Suid-Afrikaanse ma wat in Engeland teregstaan vir die moord op haar drie erg gestremde kinders, is Dinsdag borgtog geweier en word by ʼn hospitaal aangehou waar sy behandeling ontvang vir geestelike probleme.
AfriForum vra kommentaar van kiesers oor Suid-Afrikaanse verkiesing in buiteland
Suid-Afrikaanse kiesers wat geregistreer het om in die buiteland te stem, sal Woensdag hulle kruisies vir die 2014-nasionale verkiesing kan trek. AfriForum het kiesers weer herinner om beide hulle Suid-Afrikaanse paspoorte en identiteitsdokumente of slimkaarte met hulle na die stempunte te neem.
Gautrain tref man
ʼn Man is in ʼn kritieke toestand nadat hy en ʼn ander man Dinsdag ongemagtigde toegang tot die spoorlyn tussen die Pretoria en Hatfield-Gautrainstasies bekom het en hy deur ʼn sneltrein getref is.
Uitdrukking: So slim soos die houtjie van die galg
Lees vandag se Taaltoffie om uit te vind waar die uitdrukking “so slim soos die houtjie van die galg” vandaan kom.
Partye nader hof oor OVK-baas se bedanking
Die verkiesingshof het Dinsdag tydens ʼn sitting in die Johannesburgse hooggeregshof gehoor dat die OVK se voorsitter, Pansy Tlakula, nie geskik is om in haar amp te dien nie, en dat sy moet bedank.
Video: Pa skop seun by skaatsplankbaan af
ʼn Video van ʼn pa wat sy seun by ʼn skaatsplankbaan afstamp, het groot reaksie op sosiale media ontlok.
EFF-lede dreig om pad voor SAUK te versper
Lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Dinsdag gedreig om die pad voor die SAUK in Aucklandpark in Johannesburg te versper, totdat die openbare uitsaaier instem om sy verkiesingsadvertensie uit te saai.
Drie sterf in KZN-botsing
Drie mense is Dinsdag dood en ʼn 12-jarige meisie kritiek beseer tydens ʼn ongeluk op die R103-pad tussen Ladysmith en Colenso in KwaZulu-Natal.
Zuma vermy Marikana weens geweld
President Jacob Zuma het Dinsdag ʼn beplande besoek aan Wonderkop naby Marikana in Noordwes gekanselleer weens geweld in die gebied.
Erge mis vertraag Mugabe-vlug
ʼn Vliegtuig waarin Robert Mugabe, die president van Zimbabwe, vervoer is, moes Dinsdag op ʼn ander lughawe land weens swaar mis in Harare.
Stemmery oorsee: Departement ontken kommunikasieblaps
Die departement van internasionale betrekking het Dinsdag gerugte verwerp dat honderde Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon, weens ʼn kommunikasiefout deur die regering nie aan vanjaar se verkiesing sal kan deelneem nie.
Man kry miljoene ná trein hom tref
Die hooggeregshof in Pretoria het beveel dat die Passasierspooragentskap (Prasa) meer as R3 miljoen in skadevergoeding aan ʼn passasier moet betaal, het The Star Dinsdag berig.
Als wat ek het- Robbie Wessels
In 2005 het die Suid-Afrikaanse musiebedryf vir die eerste keer van Robbie Wessels kennis geneem toe hy sy debuut as sanger gemaak het nadat…
4 000 plunder glo Rustenburg-winkelsentrum
Nagenoeg 4 000 mense het tussen Sondagaand en Maandagoggend ʼn hele winkelsentrum in Rustenburg geplunder en verskeie huise en ʼn gemeenskapsaal aan die brand gesteek.
Nuuskommentaar: Nkandla-verslag getransformeer?
Kort na die Openbare Beskermer (OB), adv. Thuli Madonsela, deur Time as een van die 100 mees invloedryke mense ter wêreld aangewys is, het die parlementêre komitee wat haar verslag en die president se “antwoord” daarop moes oorweeg, haar kliphard in die tande geskop.