Solidariteit-hoofsektretaris Gideon du Plessis bespreek die migrasie van vakbondleiers na die politiek, watter motiewe daaragter skuil en die uitwerking daarvan.
Alles vir Dinsdag 29 April 2014
Pa skiet seun per ongeluk by wapenskou
ʼn Pa het Maandag tydens die jaarlikse HuntEx-ekspo by Gallagher Estate in Midrand, Gauteng, sy agtjarige seun geskiet.
Tornado’s in VSA: Dodetal styg steeds; nóg waarskuwings uitgereik
Minstens 24 mense het omgekom in die tornado’s wat die afgelope naweek oor verskeie deelstate in die VSA getrek het.
Malema bly oor ANC-skorsing; belowe sneltrein na Pretoria
Julius Malema, die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) en geskorste leier van die ANC-jeugliga, het Maandag gesê hy is dankbaar dat die ANC hom destyds uit die party geskors het, het The Star Dinsdag berig.
Stem vir jou Sandra Prinsloo-gunsteling en wen!
Hierdie kompetisie is gesluit: Die musiekgroep Mwah! se treffer Sandra Prinsloo, in samewerking met Elvis se seun, was só gewild dat hulle nou ook ʼn verwerking daarvan gemaak het. Stem nou vir jóú gunsteling weergawe van die liedjie en jy kan ‘n groot prys wen.
Visserman sterf in fratsongeluk
ʼn Visserman is Maandagaand by Sheffieldstrand aan die noordkus van KwaZulu-Natal dood terwyl hy vis gevang het.
Ma wat glo kinders moor, hoor dalk oor borg
Tania Clarence (42), die Suid-Afrikaanse ma wat in Engeland teregstaan vir die moord op haar drie erg gestremde kinders, sal na verwagting Dinsdag hoor of sy op borgtog vrygelaat gaan word.
EFF betoog oor advertensie
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) gaan Dinsdag om 10:00 ʼn optog hou na die SAUK se hoofkantoor in Aucklandpark, Johannesburg nadat die openbare uitsaaier besluit het om sy eerste verkiesingsadvertensie te verwerp.
R1 m. beloning vir inligting oor rooftog
Die transitomaatskappy SBV het ʼn reuse beloning uitgeloof na ʼn rooftog Maandag in Witbank, Mpumalanga.
Jannie Moolman herwin sy bewussyn
Die sanger Jannie Moolman het in die naweek begin om met familielede en sy vriedin, Melissa-Jo Sharpe, te gesels.
Nkandla-komitee ontbind
Die parlementêre ad hoc-komitee wat president Jacob Zuma se antwoord op die openbare beskermer (OB) se Nkandla-verslag moes ondersoek, is ontbind.
Gedagte vir die dag: Jesus het gekom om dinge om te keer
Johannes 9:26 – Daarop het hy gesê: “Of hy ʼn sondaar is, dit weet ek nie. Een ding weet ek wel: ek was blind, en nou…