Dit is môre, 3 Mei, internasionale persvryheidsdag. Volgens Verslaggewers Sonder Grense is daar reeds 16 joernaliste in die uitvoering van hul werk dood, asook 9 internet- en “burgerlike” joernaliste. Altesaam 164 joernaliste is wêreldwyd agter tralies, en omtrent net soveel bloggers en ander internetjoernaliste.
Lees meerAlles vir Vrydag 2 Mei 2014
EFF wil die see nasionaliseer
Die Ekonomiese Vryheidsvegters het gesê hy gaan die see nasionaliseer om seker te maak dat Suid-Afrika voordeel trek uit die land se natuurlike hulpbronne.
Effense verligting vir motoriste
Die prys van petrol daal Woensdag effens, het die departement van energie Vrydag gesê.
Kindermartel-saak weer uitgestel
ʼn Vrou van Mpumalanga wat haar susterskind jare lank gemartel het, se vonnis is Vrydag weer in die Nelspruit-streekshof uitgestel.
Tlakula-ondersoek tot ná die verkiesing uitgestel
Die ondersoek na Pansy Tlakula, voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se bevoegdheid om in haar amp te dien, is Vrydag in die verkiesingshofsitting in die Johannesburgse hooggeregshof uitgestel.
Nóg ʼn man sterf ná hy uit voertuig geslinger word
Nóg ʼn man is Donderdagmiddag dood nadat hy uit sy voertuig geslinger is toe dit gerol het.
Amcu-staking: “Meeste stakers wil werk”
Impala Platinum (Implats) het Vrydag gesê twee derdes van sy werkers het aangedui dat hulle bereid is om weer te werk.
Senior dokters glo gederegistreer
Die Gautengse departement van gesondheid het Vrydag ontken dat twee senior dokters by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg, deur die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (HPCSA) gederegistreer is.
Agtjarige sterf glo van hongerte
Die polisie in Taiwan ondersoek ʼn saak van kindermishandeling nadat ʼn agtjarige meisie, wat slegs 8kg geweeg het, glo weens wanvoeding dood is.
Man sterf ná bakkie rol
ʼn Man is dood nadat hy uit sy bakkie geslinger is toe dit Donderdagmiddag teen ʼn steilte naby Lydenburg in Mpumalanga afgerol het.
Dubbele tragedie tref Anene Booysen se familie
Anene Booysen, die 17-jarige meisie van Bredasdorp wat verlede jaar dood is nadat sy op ʼn konstruksiewerf in Bredasdorp verkrag en wreed vermink is, se biologiese pa is óók vermoor, en haar ma is moontlik op haar sterfbed.
Die “hart” in Afrikaanse uitdrukkings en idiome
Lees meer oor al die verskillende uitdrukkings in Afrikaans wat die woord “hart” bevat. Taaltoffie hou die meeste van die uitdrukking: “Dankie my hartjie, ‘n soentjie en ‘n kwartjie!”, wat gesê word wanneer iemand nies.
Resep: Suurlemoenskuimtert
Een van ons lesers, Heila Brits, het hierdie heerlike en baie maklike resep vir ‘n suurlemoenskuimtert ingestuur.
Oekraïne: Separatiste skiet twee helikopters neer
Russies-gesinde separatiste in die ooste van die Oekraïne het twee helikopters van die regering neergeskiet. Volgens die regering van die Oekraïne is beide vlieëniers dood, maar volgens die rebelle het hulle een gevange geneem.
SAUK gee toe oor DA-advertensie
Die DA het Vrydag gesê dat hy ʼn skriftelike kennisgewing van die SAUK ontvang het dat sy tweede Ayisafani-advertensie van vandag [Vrydag] uitgesaai gaan word.
Nuuskommentaar: Is my stem nutteloos?
Twee aspekte spruit voort uit die RGN se opname. Die eerste is die stelling dat politici nie vertrou kan word nie, en die tweede is die persepsie dat iemand se stem dus nutteloos sou wees. Gelukkig is ongeveer 79% ook van mening dat dit die burger se plig is om te stem. Dit is en bly ‘n infame leuen dat stemme vermors word deur vir klein partye te stem.
Beeste maak amok op hoofweg
Die N2-snelweg naby Amanzimtoti, KwaZulu-Natal, moes Donderdag vir verkeer gesluit word nadat ʼn trop beeste op dié besige pad beland het.
Man vas vir moord op polisieman, familielid
ʼn 38-jarige man het homself aan die polisie oorgegee nadat hy Dinsdagaand ʼn polisiebeampte en ʼn familielid van die beampte in Ladysmith in KwaZulu-Natal doodgeskiet het.
Vermoorde skoolmeisies: Tienerseuns weer in die hof
Twee 16-jarige seuns wat in Februarie glo twee skoolmeisies van Johannesburg in ʼn vermeende sataniese ritueel vermoor het, gaan na verwagting Vrydag weer in die Protea-landdroshof verskyn.
Pa en kinders oorleef ernstige ongeluk
ʼn Pa en sy twee kinders, onderskeidelik drie en sewe jaar oud, het ʼn noue ontkoming gehad nadat hul voertuig Donderdagaand by ʼn brug in Southport, in KwaZulu-Natal, afgery en in rivier beland het.