‘n Werklose ma van België het glo haar twee seuntjies verdrink nadat haar man ook sy werk verloor het.
Lees meerAlles vir Maandag 5 Mei 2014
Krejcir-saak uitgestel
Die verhoor van Radovan Krejcir, die omstrede Tsjeggiese sakeman, en vyf ander mans wat betrek word by die ontvoering en poging tot moord van ʼn man van die Oos-Rand, is Maandag in die Johannesburgse hooggeregshof uitgestel.
Vier in arres ná huisroof
Vier mans is Maandag in Durban, KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat hulle ‘n huis beroof het.
Minister: ‘Laat werkers toe om te gaan stem’
Mildred Oliphant, minister van arbeid, het ‘n beroep op werkgewers gedoen om hul werknemers toe te laat om Woensdag te gaan stem.
Man in motor doodgeskiet
ʼn Man is Maandagmiddag in sy motor doodgeskiet tydens ʼn rooftog in Bloemfontein in die Vrystaat.
SA kunstenaar skuldig ná onsedelike dans
Die Suid-Afrikaanse kunstenaar Steven Cohen (51) is Maandag in ʼn hof in Parys, Frankryk, skuldig bevind aan openbare onsedelikheid nadat hy verlede jaar met ʼn hoenderhaan, wat aan sy geslagsdeel vasgebind was, gedans het.
Jannie Moolman sterk tuis aan
Die sanger Jannie Moolman is die afgelope naweek uit die hopsitaal ontslaan en sterk by sy huis in Johannesburg aan.
16 beseer toe bus vyf voertuie tref
Altesaam 16 mense is Maandagoggend in Durban, KwaZulu-Natal beseer toe ʼn bus vyf voertuie getref het.
Video: Agtjarige se verstommende sangtalent
Angelina Jordan (8) van Noorweë het vroeër die beoordelaars op dié land se talentprogram verras en nou het sy ook sosiale media aan die gons.
Video: Party brand SAKP-vlag vir Derby-Lewis
Front Nasionaal het Vrydag ʼn vlag van die SAKP voor die departement van korrektiewe dienste in Pretoria aan die brand gesteek tydens sy betoging om Clive Derby-Lewis se vrylating op mediese parool te eis.
Peiling: Dié partye kry meeste mediadekking
DDI, ʼn mediaontledingsgroep, het Maandag bekendgemaak dat die ANC effens meer mediadekking as die DA gekry het tydens die laaste verkiesingsveldtogte wat oor die naweek plaasgevind het. Julius Malema is egter die politikus wat die meeste dopgehou word.
Klankgreep: Zuma se vrou is by Nkandla verkrag
President Jacob Zuma het Maandag aan verslaggewers in Johannesburg gesê een van sy vroue is al vantevore by Nkandla verkrag en daarom was die veiligheidsopgradering van R246 miljoen nodig.
Video: Skoolmeisies ontvoer: Boko Haram aanvaar verantwoordelikheid
Boko Haram, ʼn Islamitiese groep, het Maandag verantwoordelikheid aanvaar vir die ontvoering van honderde skoolmeisies in die noorde van Nigerië.
Boek: Flenters – Hoe omgee lewens kan verander
Ons leef in ʼn stukkende gebroke wêreld. Maar selfs in hierdie wêreld is daar oral flentertjies vreugde, liefde, hoop en selfs geloof.
Oscar Pistorius-moordverhoor uitgestel
Oscar Pistorius se moordverhoor is Maandag ná slegs twee getuies in die Pretoriase hooggeregshof uitgestel tot Dinsdagoggend.
OVK gereed vir Woensdag
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Maandag met die aanvang van die spesiale verkiesing gesê hy is vol vertroue dat Woensdag se algemene verkiesing seepglad gaan verloop.
Amcu-lede verwerp aanbod
Die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) het Maandag gesê slegs ʼn “eerbare skikking” sal ʼn einde bring aan die vakbond se drie maande lange staking.
AfriForum gee Vrystaatse regering se webtuiste by OB aan
As deel van ʼn ondersoek na beweerde onreëlmatighede in die toekenning van ʼn tender aan Cherry Ikamva Jugganaut Joint Venture (CIJ) om die Vrystaatse Provinsiale Regering se webwerf te herontwerp, het die burgerregte-organisasie AfriForum op 29 April 2014 ʼn verslag aan die Openbare Beskermer oorhandig.
CHESSA steun Garry Kasparov as Fide-presidentskandidaat
CHESSA het Sondag aangekondig dat hy Garry Kasparov gaan steun as kanditaat vir die Fide-presidentskap.
Waarom Afrikanerparty die regte keuse is
Ebert Terblanche sit die demografiese, strategiese en politieke redes uiteen waarom Afrikaners vir ‘n party moet stem wat hul belange op die hart dra.