Marian van der Merwe (53), ʼn senior staatsaanklaer, en haar seun is by hul huis in Waterkloof, Pretoria, aangerand en beroof, het Beeld Maandag berig.
Alles vir Maandag 5 Mei 2014
Nuuskommentaar: Maak die beste van verkiesing
In die kiesstelsel wat ons ingevolge die grondwet het, kan selfs net een stem daardie stem wees wat die knoop vir ‘n party deurhaak om ‘n setel in die parlement te kry, of ‘n bykomende setel te kry.
Man sterf in botsing op Du Toitskloof-pas
ʼn Man is Sondagaand dood en ʼn vrou kritiek beseer nadat twee voertuie mekaar reg van voor op die Du Toitskloof-pas naby Worcester in die Wes-Kaap getref het.
Krejcir: Ontvoeringsaak begin
Radovan Krejcir, die omstrede Tsjeggiese sakeman, en vyf ander mans wat betrek word by die ontvoering en poging tot moord van ʼn man van die Oos-Rand, se verhoor begin Maandag in die Johannesburgse hooggeregshof.
De Jager vandag gevonnis
Johannes Christiaan de Jager, wat verlede Dinsdag skuldig bevind is aan die moord op twee tieners, se vonnisoplegging begin Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof.
SA groep toegang in Zimbabwe geweier
Die Suid-Afrikaanse musiekgroep Freshly Gound is Sondag toegang na Zimbabwe geweier waar hulle tydens die afsluitingseremonie van die Harare Internasionale Kunstefees sou optree.
Video: Kyk bietjie op
Spandeer jy dalk te veel tyd op sosiale media? “Look Up” is ʼn video wat die kykers ʼn les leer deur ʼn liefdesverhaal. Die video is die afgelope 10 dae reeds byna 10.5 miljoen keer op YouTube gekyk.
Fanta en Cola- Die Campbells
Omtrent ‘n jaar nadat hulle hul vorige album, Voet in die hoek, vrygestel het, is die Campbells terug met hul nuwe album, Fanta en Cola….
Maroela Media Top 20 5 Mei 2014
Dit staan in die sterre- Rinel Day Wat die hart van vol is- Pieter Koen Ek moes jou gesoen het- Leah Storie- Lukas de Beer…
Front Nasionaal wil restitusie instel op Republiek van Stellaland
Front Nasionaal het Sondag aangekondig hy wil ná die verkiesing op 7 Mei restitusie van die Republiek van Stellaland instel.
WAT Woord van die Week: spanspek
Die WAT Woord van die Week is “spanspek”. Lees vandag se Taaltoffie om uit te vind waar dié vrug se naam vandaan kom.
Partye se laaste poging om stemme te werf
ANC- en EFF-ondersteuners het Sondag twee stadions in onderskeidelik Pretoria en Johannesburg volgepak om hul gunstelingpolitici te ondersteun.
Malema soek net vyf jaar
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, het Sondag ʼn beroep gedoen op Suid-Afrikaners om sy party net vyf jaar in die regering te gun.
Oscar Pistorius-moordverhoor hervat
ʼn Nuwe getuie vir die verdediging sal na verwagting Maandag geroep word wanneer Oscar Pistorius se moordverhoor in die Pretoriase hooggeregshof hervat.
Gedagte vir die dag: Is jy dankbaar?
Efesiërs 5:20 – “Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus.”