Oscar Pistorius het Dinsdag glo ʼn “baie onrusbarende” uitlating aan ʼn staatsgetuie en vriendin van Reeva Steenkamp gemaak.
Lees meerAlles vir Dinsdag 6 Mei 2014
Video: Rasieleier-musiek ʼn groot treffer
CheerSounds het ʼn video op YouTube vrygestel van persone wat akrobatiese rasieleier-toertjies doen. Die video is reeds meer as 4.3 miljoen keer gekyk.
Duiker sterf tydens reddingspoging
Een van die reddingsduikers wat op soek was na die vermiste liggame van persone wat verdrink het toe ʼn veerboot in Suid-Korea omgeslaan het, is Dinsdag dood.
Malema sê platinumstaking moet verskerp
Mynwerkers in die platinumbedryf moet hul staking verskerp, het Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), Dinsdag gesê.
Twee stropers doodgeskiet
Veldwagters het twee renosterstropers in die Hluhluwe-iMfolozi-natuurreservaat doodgeskiet.
Stembokse: Kiesers se stemme nie benadeel
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Dinsdag bevestig dat die integriteit van die stemme by die stempunt, waar verkiesingsmateriaal by ʼn beampte se huis gestoor is, nie in gedrang gebring is nie.
Man vas oor onwettige vuurwapens en bedrog
ʼn Man is in Johannesburg in hegtenis geneem nadat hy met onwettige vuurwapens betrap is.
Staatsaanklaer se selfdood: ‘Hy was ‘n inspirasie’
Louis Heunis (48), ‘n staatsaanklaer by die Kimberley-landdroshof, het glo Dinsdagoggend 11 verdiepings na sy dood gespring.
Rylopers skiet glo trokbestuurder dood
Die polisie is op soek na twee verdagtes wat glo ʼn vragmotorbestuurder op die N12 naby Warrenton in die Noord-Kaap doodgeskiet het.
Verkiesing: AfriForum betrek sy 90 000 lede by waarneming
Die burgerregte-organisasie, AfriForum, wat onlangs bevestiging van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) ontvang het dat die organisasie geakkrediteer is om as verkiesingswaarnemer op te tree, gaan sy volledige ledebasis van 90 000 Suid-Afrikaners betrek by die proses om ’n vry en regverdige verkiesing te help verseker.
Oudregter gee rower ʼn opstopper
Joos Hefer (82), ʼn afgetrede appèlhofregter, is oor die naweek deur twee rowers by sy huis in Waverley in Bloemfontein aangeval, het Die Volksblad Dinsdag berig.
Munisipaliteit spook om krag na Brakpan te herstel
Die Ekurhuleni-munisipaliteit het Dinsdag gesê ingenieurs werk al om die uur om elektrisiteitstoevoer na Brakpan in die Oos-Rand te herstel nadat ʼn brand by die Van Eckpark-substasie uitgebreek het.
Oscar Pistorius-moordverhoor dalk volgende week afgehandel
Die moordbeskuldigde Oscar Pistorius se verdeging het Dinsdag aan die Pretoriase hooggeregshof gesê hy verwag om volgende week sy saak af te handel. Drie van die atleet se bure het Dinsdag getuig.
Verkiesing: Wat jy moet weet
Stembusse maak Woensdag landswyd om 07:00 oop vir vanjaar se algemene verkiesing en geregistreerde kiesers kan tot 21:00 hul kruisie agter die party van hul keuse trek.
Hof lewer uitspraak oor Limpopo-handboeke
Die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag uitspraak gelewer rakende ʼn aansoek om die onderwysowerhede in Limpopo te dwing om uitstaande handboeke af te lewer.
Akteur sterf toe regtig
‘n Jordaniese akteur is dood tydens die TV-opname van sy karakter se sterftoneel.
Video: Nege akrobate beseer toe sirkustoertjie skeefloop
Ondersoekbeamptes vermoed dat ʼn gebreekte hakie Sondag veroorsaak het dat agt akrobate tydens ʼn sirkustoertjie by Rhodes Island in Amerika geval het. ‘n Video van die voorval volg onderaan die berig.
Man sterf vier dae ná aanval op kleinhoewe
Hannes Kelly (52) van Levubu in Limpopo is Sondag in die hospitaal oorlede nadat hy Donderdagmiddag op sy kleinhoewe deur drie gewapende mans aangeval is.
Man soek vrou se as terug ná kardief dit buit
“Ek het absoluut niks van my vrou oor nie”. Dít is die woorde van ʼn gebroke Japie Holtzhausen (49) van Pretoria nadat ʼn dief Maandagaand by sy motor ingebreek en onder meer sy vrou se stoflike oorskot gesteel het.
Staatsaanklaer spring glo na sy dood
‘n Staatsaanklaer by die Kimberley-landdroshof in die Noord-Kaap het Dinsdagoggend glo selfmoord gepleeg deur van ‘n gebou in die stad af te spring.