Volgens die SAUK se verkiesingvoorspelling kan die ANC moontlik vanjaar 262 setels in die parlement bekom, wat ʼn geringe afname sal wees in die hoeveelheid setels wat die party in 2009 bekom het.
Alles vir Donderdag 8 Mei 2014
Video: Asma is ten volle beheerbaar
Die nasionale asma-opvoedingsprogram sê dié siekte neem plaaslik toe. Daar is byna vier miljoen lyers in Suid-Afrika en een uit elke vyf skoolkinders toon die simptome.
Resep: Aspersietert
Heerlike en baie maklike resep vir ‘n aspersietert
Boek: Die Daniël-plan
Wil jy graag fisiek, emosioneel en geestelik gesonder leef? Dan is Die Daniël-plan vir jou bedoel.
Motorverkope in April
Hoofsaaklik vanweë die aantal vakansiedae en langnaweke was April se voertuigverkope ‘n ontstellende bloedbad.
Oekraïne: Rusland wil glo selfbeskikking in Krim ontneem
Die Russiese administrasie van die Krim, wat onlangs deur Rusland by die Oekraïne afgeneem is, het gedreig om die verteenwoordigende liggaam van die Krim-Tartare, te verbied.
Uitdrukking: Die regte voet voorsit
Lees vandag se Taaltoffie om uit te vind waar die uitdrukking “die regte voet voorsit” vandaan kom.
ANC-lid in KZN vermoor
ʼn ANC-ondersteuner is Woensdagaand buite ʼn stempunt in KwaDukuza, in KwaZulu-Natal, doodgeskiet.
Gauteng se verkiesingsuitslae kom teen slakkepas in
Terwyl verkiesingsuitslae van dwarsoor die land Donderdag teen ʼn bestendige tempo by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se nasionale verkiesingsentrum in Pretoria instroom, moet uitslae uit Johannesburg glo nog ingehandig word.
Verkiesingsuitslae: Só lyk die jongste uitslae
Die ANC het teen 9:30 vanoggend reeds meer as 3 miljoen stemme op hom gevestig.
11 sterf in Wes-Kaapse busongeluk
Altesaam 11 mense is Donderdag in die vroeë oggendure tussen George en Oudtshoorn in die Wes-Kaap in ʼn busongeluk oorlede.
Kwart van Mpumalanga se stemme reeds getel
Meer as ʼn kwart van Mpumalanga se provinsiale stemme is teen Donderdagoggend om 05:00 reeds getel.
Nuuskommentaar: En hoe het partye toe gevaar?
Met bykans dertig persent van die stemme getel, word voorspel dat die ANC sowat 63% van die stemme gaan kry, sowat twee tot drie persent minder as met die vorige verkiesing.
Nege vas vir moord in Oos-Kaap
Drie mense is Woensdag dood nadat ʼn groep mense in Mthathta in die Oos-Kaap glo die reg in eie hande geneem het.
Verkiesingsuitslae: Só lyk uitslag na kwart van stemme getel is
Teen 6:30 Donderdagoggend is meer as 27% of 3 541 846 van die stemme reeds getel.
Verkiesingsuitslae: Só lyk voorlopige uitslae in Wes-Kaap
Die DA het teen 5:00 vanoggend reeds meer as 450 000 stemme op hom gevestig in die Wes-Kaap.
Polisiereservis, drie ander vas oor transitoroof
Die Valke het vier mense in hegtenis geneem in verband met die rooftog by die SBV-transitomaatskappy se kontantsentrum in Witbank, Mpumlanga waartydens nagenoeg R87 miljoen gesteel is.
Verkiesingsuitslae: ANC het reeds 1 miljoen stemme
Die ANC het teen 4:30 reeds 1 100 891 stemme gehad, die DA het 632 234 stemme gehad, die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het 73 723 stemme gehad en die UDM het 19 883 stemme gehad.
Gedagte vir die dag: Geloof en dankbaarheid soos ‘n kind
1 Petrus 5:8 – “Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.”