Die ballistiese kenner Thomas “Wollie” Wolmarans het Vrydag in die Pretoriase hooggeregshof tydens Oscar Pistorius se moordverhoor verskille uitgewys tussen sy eie en die staat se gevolgtrekkings oor die misdaadtoneel. Foto’s volg onderaan die berig.
Lees meerAlles vir Vrydag 9 Mei 2014
Verkeerde tweelingboetie in hegtenis geneem
Shane Smith eis bykans R2 miljoen skadevergoeding van die minister van polisie omdat hy in hegtenis geneem is toe hy vir sy tweelingbroer aangesien is.
Foto’s: Cope-leier eet sy hoed!
Mosiuoa “Terror” Lekota, leier van die Congress of the People (Cope), moes Vrydag sy woord gestand doen en sy “hoed opeet” toe voorlopige uitslae bewys het dat sy party minder stemme as in 2009 verwerf het.
Oudtshoorn-busongeluk: Bestuurder in die hof
Die busbestuurder wat Donderdagoggend in ʼn ongeluk betrokke was, het Vrydag in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn op 10 aanklagte van strafbare manslag.
Verkiesingsuitslae: Só lyk KwaZulu-Natal nou
Die stemtellery in KwaZulu-Natal is 100% afgehandel met die ANC wat se steun effens verbeter het en die DA wat amptelik die nuwe opposisie in die provinsie is.
Gestremde man sterf by Kangogrotte
ʼn Gestremde man is Vrydagoggend dood toe hy by trappe by die Kangogrotte naby Oudtshoorn in die Wes-Kaap afgeval het.
Verkiesingsuitslae: Só lyk Limpopo nou
Die stemtellery in Limpopo is 100% afgehandel en die ANC het meeste van die stemme gekry terwyl die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) die nuwe amptelike opposisie in die provinsie is.
Man skuldig wat hond laat ly
Christopher Dennis Maile, ʼn 45-jarige inwoner van Meyerton in Gauteng, is Vrydag deur die Vereeniging-landdroshof skuldig bevind aan dieremishandeling.
Verkiesingsuitslae: Só lyk Oos-Kaap nou
Die stemtellery in die Oos-Kaap is 100% afgehandel met die ANC wat se steun min of meer dieselfde is terwyl die DA die nuwe amptelike opposisie in die provinsie is.
Tweejarige glo met ouma se vuurwapen geskiet
Die tweejarige seuntjie van KwaZulu-Natal wat in ʼn kritieke toestand in die hospitaal lê, is glo met sy ouma se vuurwapen geskiet.
Toltariewe verhoog
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het Vrydag aangekondig dat toltariewe op 24 Mei volgens die verbruikersprysindeks (VPI) sal verhoog.
Vettie Vettie: Kom lag ‘n slag in Afrikaans by die Pieter Toerien-teater
WEN kaartjies na die vertoning! Die Pieter Toerien-teater by Montecasino het hierdie week geskiedenis gemaak toe ʼn Afrikaanse toneelstuk vir die eerste keer by dié teater verskyn het. Besonderhede oor die kompetisie verskyn onderaan die berig.
Verkiesingsuitslae: Só lyk Noordwes nou
Die stemtellery in Noordwes is 100% afgehandel en die ANC se steun in die provinsie het gedaal terwyl die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) nou die amptelike opposisie in die provinsie is.
Trein vergruis man se been
ʼn Man is in ʼn kritieke toestand nadat ʼn trein hom Vrydagoggend in Middelburg, Mpumalanga, getref het.
China beplan hoë spoed trein na VSA
China oorweeg ‘n super vinnige trein wat na China, deur Siberië, onderdeur die Beringstraat, deur Alaska en Kanada na die VSA sal blits.
AIC ontken hy het ANC-stemme gekry
Die African Independent Congress (AIC) sê bewerings dat dié party stemme gekry het wat vir die ANC bedoel was, is ʼn belediging.
Verkiesingsuitslae: Só lyk die Noord-Kaap nou
Die ANC se steun in die Noord-Kaap het aansienlik verbeter terwyl die DA vanjaar die amptelike opposisieparty in die provinsie is.
Rusland wil teen 2030 met kolonisasie van maan begin
Rusland wil glo teen 2030 met die konstruksie van ‘n bewoonde maanbasis begin.
Antieke tablet-rekenaars gevind
Turkse argeoloë het op die oorblyfsels van ʼn skip afgekom wat blykbaar in die negende eeu naby die huidige Istanbul gesink het.
Verkiesingsuitslae: Só lyk Mpumalanga nou
Die tellery in Mpumalanga is 100% afgehandel en die ANC se steun in die provinsie het afgeneem terwyl die DA se steun effens verbeter het.