Die geboorte van ʼn babadolfyn by die Donetsk-dolfinarium in Oekraïne is op video vasgelê.
Lees meerAlles vir Sondag 11 Mei 2014
Verkiesing: Bedrogsaak in Grabouw oopgemaak
Die burgemeester van die Overberg-distrik-munisipaliteit het ʼn saak van bedrog oopgemaak nadat twee stembusse in ʼn informele nedersetting in Grabouw opgespoor is.
Video: Ma se aanraking laat babatjie leef
ʼn Australiese babaseuntjie wat vroeggebore en daarna klinies dood verklaar is, het later deur sy ma se aanraking weer begin asemhaal en leef.
Waterkloof-2: Lot van tronkbewaarders onduidelik
Die departement van korrektiewe dienste kon Sondag nie enige inligting verskaf oor die vordering van tugstappe teen vier tronkbewaarders wat glo twee van die sogenaamde Waterkloof-4 toegelaat het om tronkreëls te verbreek nie.
AfriForum reik verkiesingsverslag uit
Die burgerregte-organisasie AfriForum het ‘n verslag uitgereik gebaseer op die gevolgtrekkings van sy waarnemerspan wat die verkiesing en stemtellery die afgelope week gemonitor het.
Skoolhoofde ontvoer, gedreig
Twee skoolhoofde van Mpumalanga en KwaZulu-Natal is ontvoer en met die dood gedreig indien hulle sou terugkeer werk toe, het die City Press Sondag berig.
Hof sê oor Nelspruit se naam
Die Pretoriase hooggeregshof het uitspraak gelewer in die Kruger-Laeveld-sakekamer-en-toerismevereniging (KLST) se aansoek om Mbombela in Mpumalanga se naam weer na Nelspruit terug te verander.
EFF sal geld gee vir Amcu-stakers
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het Saterdag gesê sy party sal geld aan die stakende platinummyners gee.
EFF-lid in Vosloorus doodgeskiet
ʼn Lid van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) is glo by sy huis in Vosloorus aan die Oos-Rand doodgeskiet, het die Sunday Independent berig.
Egpaar wou glo goud smokkel
ʼn Egpaar van Zimbabwe is by die Beitbrug-grenspos aangekeer toe hulle glo goudstawe ter waarde van R6 miljoen na Suid-Afrika wou smokkel.
Verkiesing: Soveel stemme per party
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Saterdagaand die amptelike uitslag van die verkiesing bekend gemaak. Hier volg die hoeveelheid stemme wat elke party ontvang het.
Zuma beweer negatiewe veldtog teen ANC
Pres. Jacob Zuma het Saterdag gesê opposisiepartye en die media het voor die verkiesing ʼn negatiewe veldtog teen die ANC gehad.
Mazibuko verlaat die DA
Lindiwe Mazibuko het uit haar pos as die DA se parlementêre leier bedank, het die Sunday Times berig.
Gedagte vir die dag: God gee wysheid
1 Kon 4:29 – God het aan Saloma baie groot wysheid en verstand gegee en insig in soveel sake as wat daar sand aan die see is.