Die streekhof in Palm Ridge aan die Oos-Rand het Maandag gehoor dat Radovan Krejcir, die omstrede Tsjeggiese sakeman, ‘n man gemartel het deur hom onder meer met kookwater te brand.
Lees meerAlles vir Maandag 12 Mei 2014
Bejaarde op kleinhoewe doodgeskiet
Charles Groenewald (76) is Maandagoggend in sy huis op ‘n kleinhoewe in Boschkop, oos van Pretoria, oorval en doodgeskiet.
Vyfde liggaam gevind na bakkie in dam beland
Die liggaam van ‘n vyfde kind is in ‘n dam in KwaZulu-Natal se Midlands-gebied gevind nadat ‘n bakkie wat skoolkinders vervoer het vroeër vandag in die dam beland het.
Aanrandingsvideo is dalk oud, sê polisie
Die polisie sê ‘n video wat wys hoe ‘n vrou erg aangerand word deur ‘n groep mense wat onder meer ANC-hemde aanhet, is moontlik nie van ‘n onlangse voorval nie.
kykNET beboet oor ouderdomsperk
Die Afrikaanse televisiekanaal kykNET is beboet nadat hy die verkeerde ouderdomsbeperking vir ‘n kortrolprent geklassifiseer het.
Man sterf glo ná tref-en-trap
ʼn Man is Maandag dood aangetref op die hoofpad in Barkly-Wes in die Noord-Kaap.
Bestuurder vas wat 30 kinders vervoer
Die bestuurder van ‘n bakkie wat Maandagoggend 30 skoolkinders vervoer het toe dit in ‘n dam in KwaZulu-Natal se Midlands-gebied beland het, is in hegtenis geneem.
Boot met 400 vlugtelinge slaan by Italië om
‘n Boot met 400 vlugtelinge wat Italië van Libië af probeer reik het, het Maandag naby Lampedusa omgeslaan.
Video: Boere soek vergoeding vir plaasaanvalle
Boere van die Brits-omgewing wil finansiële vergoeding van die regering eis vir gesinne wat deur plaasaanvalle geraak is.
Video: Boko Haram wys glo ontvoerde meisies
Boko Haram het Maandag ʼn nuwe video vrygestel waarin die vermiste skoolmeisies van Nigerië glo gewys word en aanvoer dat die tieners na Islam bekeer het en nie vrygelaat sal woord voordat alle militante gevangenes vrygelaat word nie. Die video volg onderaan die berig.
Polisie-hoë bestuur glo dronk, bots teen drie voertuie
Lt. Thokozani Zungu (31), speurdertakbevelvoerder in Witrivier, Mpumalanga, het Maandag in die Nelspruit-landdroshof verskyn op aanklagte van roekelose en nalatige bestuur, die versuim om by ʼn ongelukstoneel te stop en dronkbestuur.
Oscar Pistorius gaan moontlik vir waarneming gestuur word
Die moordbeskuldigde Oscar Pistorius gaan moontlik vir waarneming gestuur word nadat ʼn kenner Maandag getuig het die atleet ly aan algemene angsversteuring.
Vrou aan die brand gesteek, in huis toegesluit
ʼn Vrou is ernstig beseer toe sy in haar huis in Kloof naby Durban in KwaZulu-Natal aan die brand gesteek is.
Skoolkinders dood, een vermis, ná bakkie in dam beland
Vier kinders is dood en een word vermis nadat ʼn volgelaaide bakkie Maandagoggend in ʼn dam in KwaZulu-Natal se Midlands-gebied beland het.
Amcu-staking: Drie mynwerkers wreed vermoor
Drie mynwerkers wat lede is van die vakbond NUM, is Maandag glo vermoor terwyl pogings verskerp word om ʼn einde aan Amcu se voortslepende staking by platinummyne te bring.
Noord-Korea moet binnekort ophou bestaan – Suid-Korea
Suid-Korea het ongewoon skerp gereageer op uitlatings deur die Noord-Koreaanse staatsmedia dat die president van Suid-Korea, Park Geun-hye ’n “ou prostituut” is.
Boek: As’t Ware – Hengelkluitjies in Vissous
Hengel loop soos ʼn goue draad deur die boek, maar dit is só omskrywend van ons lewens gestel dat nie-hengelaars dit eweveel sal geniet.
84-jarige van Stilfontein vas ná hy glo sy vrou vermoor
Kobus Groenewald (84) het Maandagoggend in die Stilfontein-landdroshof verskyn nadat hy glo oor die naweek sy vrou, Dienkie (69), tydens ʼn rusie met ʼn mes doodgesteek het.
Dewani baie vlugtig in die hof
Die moordbeskuldigde Shrien Dewani gaan in die Valkenberg-hospitaal in Kaapstad aangehou word om verdere behandeling vir sy geestestoestand te ontvang, het die Wes-Kaapse hooggeregshof Maandag gehoor.
Maroela Media Top 20 12 Mei 2014
Wat die hart van vol is- Pieter Koen Dit staan in die sterre- Rinel Day Storie- Lukas de Beer Plain Jane- Ampie du Preez Ek…