Die vakbond Solidariteit het die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) versoek om bekend te maak of daar vanjaar enige wit mans in sy kadetprogram toegelaat is.
Alles vir Donderdag 15 Mei 2014
Nuuskommentaar: Wanneer moord die wet word
Heel onbedoeld het die minister van polisie in ‘n TV-onderhoud die spyker op die kop geslaan toe hy moord, aanranding, intimidasie en viktimisasie as die “reg” beskryf het.
27 beseer ná bus en trok bots
Altesaam 27 mense is beseer nadat ʼn bus en ʼn vragmotor Woensdagaand naby Kroonstad in die Vrystaat gebots het.
Video: Magstryd in DA
Politieke ontleders het gesê dat Lindiwe Mazibuko se bedanking as die DA se parlementêre leier die verlies aan ‘n sterk politieke leier beteken, en die soeklig op Helen Zille se leierskapstyl plaas.
Visserman verdrink toe hy na strand probeer swem
ʼn Visserman het Woensdagmiddag verdrink toe hy glo probeer het om na die strand naby Port St. Johns in die Wes-Kaap te swem nadat sy boot se brandstof opgeraak het.
EFF tjoepstil oor Malema se belastingsake
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) wil nie kommentaar lewer rakende die stand van sy partyleier Julius Malema se uitstaande belastingrekening van R16 miljoen nie.
Koerant moet jammer sê vir Zuma se vrou
Die persombudsman het ‘n koerant beveel om president Jacob Zuma se vrou, Thobeka Madiba-Zuma, om verskoning te vra na aanleiding van ‘n onakkurate artikel wat deur die koerant gepubliseer is.
Pa gevonnis ná hy dogter verkrag, vermoor
‘n Man van Mpumalanga is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van en moord op sy sewejarige epileptiese dogter.
Gedagte vir die dag: Staan vir wat reg is
2 Kron. 28:13 – Julle bring nie die gevangenes hier in nie.