Die liggaam van ‘n vrou is Maandag in ‘n veld naby die Despatch-polisiestasie in Port Elizabeth gevind.
Lees meerAlles vir Maandag 19 Mei 2014
Zille sê oor Mazibuko-berigte
Helen Zille, leier van die DA, sê berigte wat beweer dat sy Lindiwe Mazibuko openlik aangeval het, is geskoei op selektiewe inligting wat deur lede van die party se federale uitvoerende raad uitgelek is om hul eie agendas te bevorder.
Amcu-staking: Lonmin dank werkers af
Die platinum-produsent Lonmin het 235 werknemers wat noodsaaklike dienste verskaf, afgedank.
Amcu-president oor ‘luukse lewenstyl’
Joseph Mathunjwa, president van Amcu, sê hy het hard gewerk om sy armoedige agtergrond te bowe te kom en dat hy niks van niemand gesteel het nie.
Tienerseun in hof na moord op egpaar
ʼn Tienerseun het Maandag in die Mokopane-landdroshof in Limpopo verskyn in verband met die plaasmoord op die egpaar Will en Anje Kiesling.
VF Plus se Gauteng-leier tree uit
Jaco Mulder, die Vryheidsfront Plus se leier in Gauteng, het sy uittrede uit die politiek aangekondig.
Man, kind word vermis ná hul glo ashoop toe ry
Die polisie van Newcastle in KwaZulu-Natal het ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur nadat ʼn 12-jarige seun saam met ʼn man in wie se sorg hy was, Sondag verdwyn het toe hulle tuinvullis weggery het.
Video: Skoonmaker rand leerling by skool aan
ʼn Skoonmaker by ʼn skool in Standerton, Mpumalanga, is in hegtenis geneem nadat hy op video afgeneem is waar hy ʼn skolier met ʼn besem aanrand.
Foto’s: Motorfietsryer sterf, 2 voertuie brand ná kettingbotsing
ʼn Man is Maandag dood en vier ander mense is beseer tydens ʼn botsing tussen drie voertuie en ʼn motorfiets in Durban.
Boek: Iewers vlieg daar fairy dust
Elmien droom daarvan om eendag na skool ʼn dokter te word. Dit is die rede waarom sy ʼn gehawende ou dokterstas onder haar bed bêre en in haar vrye tyd in die videowinkel werk. Maar waar sy vandaan kom, is dit ʼn groot droom. Te groot.
Die ANC se KOÖPtasie-suksesresep
Talle kommentators het verwag dat die ANC swakker gaan vaar as gevolg van die deurlopende ontevredenheid en daaglikse protesaksies, asook die Nkandla-skandale van die president. Daarom was baie mense verbaas oor die sterk steun wat die ANC steeds geniet, en hulle kan eenvoudig nie verstaan wat soveel (veral swart mense) besiel om nog steeds vir die ANC te stem nie, skryf Flip Buys.
Foto’s: Olifante glo by “veilige hawe” mishandel
Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het ʼn klag van dieremishandeling teen Elephants of Eden in die Oos-Kaap, Knysna-Olifantpark, sy direkteure en bestuur aanhangig gemaak.
AB: ‘Tyd verby dat Afrikaner apologeties oor verlede moet wees’
“Afrikaners behoort hulle sterk te verset teen enige poging om eiendomsreg en vryemark beginsels af te takel, want dit is die boustene van ‘n suksesvolle Suid Afrika.”
WAT Woord van die Week: bakatel
Die WAT Woord van die Week is “bakatel” wat verwys na “nietigheid”.
Chris Chameleon nou beskermheer van FAK-liedjietuin
Chris Chameleon, bekende musiekkunstenaar en akteur, is deur die FAK benoem as die nuwe beskermheer van die FAK-Liedjietuin.
Motorsport-legende, Sir Jack Brabham, sterf
Die Australiese voormalige Formule 1-wêreldkampioen Sir Jack Brabham is Sondag in die ouderdom van 88 jaar oorlede nadat hy lank met ‘n lewerkwaal gesukkel het.
Drie renosters in KZN gestroop
Drie renosters is Saterdag helder oordag by ʼn wildreservaat in KwaZulu-Natal deur stropers onthoring.
Video: Beendere van grootste dinosourus ooit gevind
Die versteende beendere van die grootste dinosourus wat tot dusver gevind is, is in Argentinië deur paleontoloë bekend gestel.
Man ernstig beseer in ongeluk; hospitaal glo traag
Die gesin van ‘n jong man het ‘n klag by die Verre Oos-Rand-hospitaal ingedien nadat hy ernstig beseer is in ‘n motorfietsongeluk en glo nie die nodige behandeling ontvang het nie.
Pasiënt in hospitaal vermoor
ʼn 22-jarige man verskyn Maandag in die hof nadat hy glo ʼn 37-jarige pasiënt by ʼn hospitaal in die Oos-Kaap vermoor het.