McDonalds in Amerika het Maandag ʼn nuwe jogurt-opsie en ʼn ambassadeur vir dié kitskosrestaurant bekend gestel.
Lees meerAlles vir Dinsdag 20 Mei 2014
Video: Video van superseldonderstorm ‘n internetsensasie
‘n Tydsverloopvideo van ʼn superseldonderstorm wat Sondag in Wyoming, Amerika plaasgevind het, is die afgelope twee dae reeds meer as 4 miljoen keer gekyk.
Twee vrygespreek in Fidentia-saak
Twee mans wat daarvan beskuldig is dat hulle J Arthur Brown, die voormalige hoof van Fidentia Holdings Group, bedrieg het om aandele van R160 miljoen in Webworths te koop, is Dinsdag onskuldig bevind.
Baleka Mbete die nuwe speaker
Die ANC sal sy voorsitter, Baleka Mbete, as die speaker in die nasionale vergadering nomineer.
Platinum-onderhandelings hervat
Partye in die platinumbedryf sal oor die volgende paar dae onderhandel in ʼn poging om die voortslepende staking te beëindig.
Skolier met ‘n mes aangeval
ʼn 19-jarige skolier is in ʼn kritieke toestand nadat hy Dinsdagmiddag buite Hoërskool Shakaskraal in Shakaskraal, aan die noordkus van KwaZulu-Natal, met ʼn mes aangeval is.
ANC kies slegs een vroulike premier
Slegs een van die agt provinsies wat deur die ANC bestuur word gaan ‘n vroulike premier hê.
Foto’s: Krygswet in Thailand “nie staatsgreep”; media verbied
Die weermag in Thailand het Dinsdag ʼn krygswet afgekondig ná maande lange gewelddadige anti-regeringbetogings. Intussen het inwoners in Bangkok nie gehuiwer om foto’s van hulself saam met die soldate te neem nie (foto’s volg onderaan die berig).
Gesin steeds getraumatiseerd ná huishulp hul glo vergiftig
Mandy de Lange, ʼn inwoner van Umhlanga in KwaZulu-Natal, en haar gesin is steeds getraumatiseerd nadat hul huishulp, slegs bekend as Thembi, hulle probeer vergiftig het.
Nuwe premiers aangewys
Die ANC het pas die premiers vir die agt provinsies wat hy in die verkiesing gewen het, bekend gemaak.
‘Polisiemanne’ beroof juwelierswinkel in Kaapstad
ʼn Juwelierswinkel is Dinsdag in Groenpunt, Kaapstad, beroof deur rowers wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het.
Nóg ʼn aanval op Boschkop-kleinhoewe
ʼn Man en vrou is Dinsdag op hul kleinhoewe in die Boschkop-omgewing oos van Pretoria aangeval en beroof, skaars vyf dae ná die liggame van die bejaarde Swanepoel-egpaar op hul kleinhoewe aangetref is.
Video: Rustenburg: “Daar is nie meer kos en klere nie”
Die gevolge van die voortslepende Amcu-staking in die platinummynbedryf kring al wyer uit.
Rusland sluit nouer bande met China
‘n Baie groot gas-ooreenkoms tussen Rusland en China is een van die manifestasies van die Kremlin se nuwe denke oor die “onbetroubare Weste” ná die Weste geteikende sanksies teen Rusland ingestel het weens dié land se rol in die Oekraïne.
Polemiek oor Obama se “derde termyn”
Daar is bewysbaar baie joernaliste wat nie toelaat dat die waarheid in die pad van ‘n lekker storie staan nie.
Video: AfriForum Jeug gedenk slagoffers van Kerkstraat-bomaanval
AfriForum Jeug het Dinsdag ‘n kranslegging en minuut stilte gehou by Vryheidspark in Pretoria om die 19 oorledenes en meer as 200 beseerdes, wat in die 1983-ANC-terreuraanval in die middestad van Pretoria gedood en beseer is, te gedenk.
Oudspringbok rand petroljoggie aan
ʼn Voormalige Springbokrugbyspeler is in die sop nadat hy op kringtelevisiebeeldmateriaal afgeneem is waar hy ʼn petroljoggie in Johannesburg aanrand.
Uitdrukking: In iemand se slaai krap
Die uitdrukking “in iemand se slaai krap” word gebruik wanneer jy iemand, veral in liefdesake, benadeel. (WAARSKUWING: Die herkoms van hierdie idioom is dalk nie vir kinders se oë bedoel nie.)
Studente in hof weens ‘rassistiese aanval’
Cobus Muller en Charl Blom, twee studente aan die Universiteit van die Vrystaat, het Dinsdag in die Bloemfontein-streekshof verskyn weens ʼn vermeende rassistiese aanval.
Vermiste 12-jarige: Ontvoering óók ondersoek; verdagte glo in Bloem
Die Newcastle-polisie in KwaZulu-Natal ondersoek nou ook ʼn saak van ontvoering nadat ʼn 12-jarige seun en ʼn man Sondag verdwyn het toe hulle glo vullis weggery het.