KwaZulu-Natal sal teen November vanjaar ‘n e-tolstelsel op die N2 en N3 hê, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) Woensdag bekend gemaak.
Lees meerAlles vir Woensdag 21 Mei 2014
Jong man sterf in motorfietsongeluk
‘n 18-jarige man is dood nadat hy Woensdagmiddag van sy motorfiets af geval het in Bloemfontein in die Vrystaat.
Vrou glo aangerand toe sy verkragting wil aanmeld
‘n KwaZulu-Natalse polisiebeampte wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n vrou wat ‘n verkragting wou aanmeld aangerand het, het Woensdag in die Umbumbulu-landdroshof verskyn.
Zuma weer tot president verkies
Die nuwe nasionale vergadering het president Jacob Zuma Woensdag tot ‘n tweede termyn verkies ondanks die DA se pogings om dit in die wiele te ry.
Jasmin-moord: Verdagte in hof
Die man wat beskuldig word van die moord op die vierjarige Jasmin Lee Pretorius het Woensdag in die landdroshof in Brakpan verskyn.
Pukki Talentfees vereer prof. TT Cloete
Die NWU se jaarlikse Pukki Talentfees is vanjaar opgedra aan professor T.T Cloete wat hierdie maand sy 90ste verjaardag vier.
Zille weer tot Wes-Kaapse premier verkies
Helen Zille, leier van die DA, is Woensdag by die provinsiale wetgewer weer tot premier van die Wes-Kaap verkies.
Reisartikel: Zanzibar: ʼn deeltjie verlore paradys
Marianne vertel in hierdie uitgawe vir jou meer van Zanzibar en sy sluit ‘n handige reisgids in. Nog foto’s volg onderaan die berig.
Boschkop: Verdagtes gevang terwyl gemeenskap oor misdaad vergader
Die gemeenskap van Boschkop, oos van Pretoria, het Dinsdagaand drie gewapende verdagtes vasgetrek terwyl hulle besig was om oor ʼn vlaag misdaad in die gebied te vergader.
Wimpy in Scottburgh danksy gemeenskap en AfriForum gered
Die gemeenskap van Scottburgh en talle ondersteuners het saamgestaan om te verseker dat die Wimpy-restaurant, ʼn landmerk by dié gewilde strand, se deure nie sluit nie.
Olifante glo mishandel na hanteerder sterf
Die Knysna-Olifantpark en Elephants of Eden sê die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) se bewerings dat die organisasies sy olifante mishandel is onwaar en dat die foto’s wat beskikbaar gestel is, reeds in 2008 geneem is terwyl die olifante onder ‘n ander persoon se sorg was.
Video: Yolande Korkie pleit om man se vrylating
Yolande Korkie het vandag opnuut in ‘n videoboodskap ‘n beroep gedoen vir die vrylating van haar man wat deur militante in Jemen gyselaar gehou word.
Nuuskommentaar: Die Europese verkiesing en lesse vir SA
Kiesers van die 28 lidlande van die Europese Unie ruk hierdie week op na die stembus om die 751 lede van die Europese parlement te verkies. Die uiteindelike uitslag wek minder belangstelling as die strominge wat nou oral in Europa posvat wat die toekoms van die Unie erg kan raak.
Die Kleinfontein waaroor jy nie in die koerante lees nie
Selfbeskikking vir Afrikaners? Kleinfontein is daar, doen dit en verdien ná 21 jaar, die gratis spreekwoordelike T-hemp, skryf Marisa Haasbroek.
Polisie knak kubermisdaadnetwerk
Verskeie mense, waarvan sommige glo Nigeriërs, wat glo verbind kan word aan ʼn internasionale kubermisdaadnetwerk in Suid-Afrika en Amerika, is deur die Suid-Afrikaanse polisie in hegtenis geneem.
Gedig: Erfgoed
“Almal wil stukkies Ma dra, stukkies Ma om hulle vou.” Trienke Laurie se gedig, “Erfgoed”.
Jagskou-skietongeluk: Seun terug skool toe
Sammy Kotzin, die seun wat per ongeluk deur sy pa by ʼn jagskou in Midrand in Gauteng geskiet is, het Maandag teruggekeer skool toe, in dieselfde week as wat sy pa weer in die hof moes verskyn weens die voorval.
Parlementslede ingehuldig; EFF trek aandag
Hoofregter Mogoeng Mogoeng het Woensdagoggend die nuwe parlementslede begin inhuldig maar dit was egter die Ekonomiese Vryheidsvegters wat al die aandag getrek het aangesien hulle as huishulpe en mynwerkers aangetrek het.
Metropolisiebeampte tydens betoging doodgery
ʼn Ekurhuleni-metropolisiebeampte is Woensdagoggend tydens ʼn betoging in Kingswayweg in Springs, Gauteng, doodgery.
Hy’s veilig terug! Ma vertel van seun se ontvoeringnagmerrie
“Ek is só verlig en bly my kind is veilig terug by die huis, ek het sedert Sondag nie geslaap nie”. Dít was die woorde van Adri Blandin De Chalain wie se seun Marcel (12) Woensdagoggend om 05:00 aan haar terugbesorg is.