Minstens 31 mense is dood en ‘n onbekende aantal gewond toe twee voertuie Donderdagoggend tussen klante in ‘n mark in Xinjiang, China, ingery en ontplof het. Volgens ooggetuies is verskeie ontploffings gehoor.
Alles vir Donderdag 22 Mei 2014
Lance Armstrong sy Franse eretitel kwyt
Die onteerde Amerikaanse fietswedrenjaer, Lance Armstrong, is die ere-toekenning van Ridder van die Franse ‘Legion d’Honneur’ kwyt.
Meer as 100 jaar tronkstraf elk vir Margate-huisrowers en verkragters
Bongumusa Mbo Hadebe (31) en Bonginkosi Kwazi Mhlongo (21) is Woensdag swaar gevonnis nadat hulle skuldig bevind is op vyf aanklagte van huisbraak, drie van verkragting, twee van poging tot moord en twee ontvoerings.
Nuuskommentaar: Koes, die spulle is op ons!
Wanneer wyle oupa Nic gesê het die spulle is in die dorp, het hy die sirkus bedoel. Dit is moeilik om te sê presies wie Woensdag die meeste bygedra het tot die spulle se landswye opmars. Sommiges sal sê dit is ongetwyfeld die EFF se rooi opmars in die parlement en in provinsiale wetgewers – in sommige gevalle maar taamlik stormagtig.
Kaapstad-skietery: Twee dood, een beseer
Twee mans is dood en een beseer nadat twee mans hulle Woensdagmiddag in Steenberg, Kaapstad geskiet het.
Man vas oor R1 m. se dagga
Lede van die Johannesburgse metropolisie het op dagga met ‘n straatwaarde van ongeveer R1 miljoen beslag gelê in Roodepoort.
Moordenaar ‘was deel van familie’
Die dag voor drie lede van die Schütte-gesin brutaal deur ‘n werknemer vermoor is, het hul seun aangebied om die moordenaar te help om verdere opleiding te kry, berig The Witness.
Senior offisiere vas by sjebien; generaal ontbied glo troepe
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagunie (Sanwu) beweer dat ‘n weermaggeneraal wat glo onder die invloed van alkohol was soldate gemobiliseer het om ander soldate en senior offisiere uit ‘n polisiekantoor te bevry nadat hulle by ‘n sjebien in hegtenis geneem is.
Gedagte vir die dag: Dankbaar vir die stil tye
“Ek glo in die son al kom dit laat op; Ek glo in liefde al is dit afwesig; Ek glo in God al bly Hy…