Bryan Lowry, ʼn professionele fotograaf van Hawaii wat vulkane afneem, wou weet wat sal met ʼn blikkie Coca-Cola gebeur indien dit met lawa in aanraking kom. Die video is reeds meer as 11 miljoen keer op YouTube gekyk.
Lees meerAlles vir Saterdag 24 Mei 2014
Video: Sny ‘n ui sonder om te huil
Die kok Jack Scalfani wys in dié video hoe om ‘n ui te sny sonder dat jy begin huil.
Twee sterf in paramotor-ongeluk
Twee mans, in hul 50s, is Saterdagmiddag dood toe hul paramotor ʼn berg in Howick, KwaZulu-Natal, getref het.
Buffel deurboor bejaarde
ʼn Man, in sy 70s, is Saterdag op ʼn plaas naby Tzaneen in Limpopo dood toe ʼn buffel hom deurboor het.
Malawi-president soek nuwe verkiesing
Joyce Banda, president van Malawi, het Saterdag die afgelope week se verkiesing in dié land “nul en ongeldig” verklaar en het ʼn nuwe verkiesing versoek.
Platinum-staking: Nog geen ooreenkoms nie
Daar is nog geen ooreenkoms tussen die platinummyne en die stakende Amcu-werkers bereik nie, het die werkgewers in ʼn gesamentlike verklaring gesê.
Foto’s: Zuma as president ingehuldig
President Jacob Zuma het Saterdag gesê hy voel geëerd om Suid-Afrika vir nog vyf jaar te lei.
PTA-paaie weer vanaand oopgemaak
Paaie in Pretoria rondom die Uniegebou wat deur die inhuldiging van pres. Jacob Zuma beïnvloed is, sal Saterdagaand weer oopgemaak word.
“Moenie meer in swart en wit dink nie” – Kurt Darren
Die Afrikaanse sanger Kurt Darren het Saterdag ʼn beroep gedoen op Suid-Afrikaners om saam te werk om die regering te help om vorentoe te beweeg.
Nog geen klag oor vermeende ontvoering
Niemand het nog ʼn klag by die polisie gelê in verband met die vermeende ontvoering van ʼn 13-jarige dogter in Tuine, Pretoria nie.
Kaal man betoog by Withuis
Personeel van die geheimediens by die Withuis in Amerika het Vrydag ʼn man in hegtenis geneem wat kaal betoog het.
Ontbinde liggaam in Oos-Kaap gevind
Jagters het Vrydag ʼn ontbinde liggaam in die Tholenirivier naby Butterworth in die Oos-Kaap opgespoor
Ma wat glo kinders vermoor moet in hospitaal bly
ʼn Hof in Engeland het Vrydag bepaal dat Tania Clarence, ʼn vrou van Suid-Afrika wat van die moord op haar drie gestremde kinders beskuldig word, in die hospitaal moet aanbly.
Hof hoor van erge marteling in tronk
Gevangenes van die St Albans-maksimumsekuriteitgevangenis in Port Elizabeth word gereeld aan gewelddadige marteling en aanranding blootgestel, het ʼn hof Vrydag tydens ʼn toetssaak vir die nuwe martelwet gehoor.
Mandrax-tablette op bus gevind
Mandrax met ʼn geraamde straatwaarde van R600 000 is Vrydag op ʼn bus op die N2 in die Oos-Kaap opgespoor.
Zuma vandag ingesweer as president
Jacob Zuma word Saterdag vir sy tweede termyn as president by die Uniegebou in Pretoria ingehuldig.
Gedagte vir die dag: Wat laat my kwalifiseer?
Mark 1:41 – “Jesus het hom jammer gekry …” Hier vind ons weer daardie woord wat so dikwels in die Evangelies gebruik word om Jesus se…