Mmusi Maimane is onbestrede tot die DA se parlementêre leier verkies, het die party Maandag aangekondig.
Lees meerAlles vir Maandag 26 Mei 2014
Daling in brandstofprys verwag
Die pryse van beide petrol en diesel behoort op 4 Junie weer te daal.
Ministers, hul adjunkte ingehuldig
Hoofregter Mogoeng Mogoeng en sy adjunk Dikgang Moseneke het Maandag die nuwe ministers en hul adjunkte by die presidensiële gastehuis in Pretoria ingehuldig.
Solidariteit kondig nuwe leierstruktuur aan
Die vakbond Solidariteit het vandag by sy hoofraadvergadering in Pretoria ʼn nuwe leierstruktuur aangekondig.
Seun vas ná moord op ouers
‘n 24-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op sy ma en stiefpa.
Pa gee homself oor na moord op dogtertjie
‘n 33-jarige pa van Limpopo het homself aan die polisie oorgegee na die brutale moord op sy tweejarige dogtertjie.
Nuwe ANC-woordvoerder aangestel
Zizi Goodenough Kodwa is Maandag aangekondig as die nuwe woordvoerder vir die ANC.
Malema erken belastingskuld
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het Maandag erken dat hy nie sy belastingsake hanteer het soos die wet vereis nie.
Europese verkiesing: Bloedneus en wins vir regs
Terwyl die regse Franse Front Nasionaal in die verkiesing vir die Europese Parlement, wat Sondag ten einde geloop het, as die grootste party in Frankryk na vore getree het, het die bekende Geert Wilders van Nederland se PVV, en die Vlaamse Belang in België agteruit geboer.
Platinum-onderhandelinge duur voort
Onderhandelinge tussen die vakbond Amcu en die platinumwerkgewers duur Maandag in Johannesburg by ʼn onbekende ligging voort, het Charmane Russell, woordvoerder vir die myne, bevestig.
Tiener getuig oor prostitusie by Durban-hotel
ʼn Skoolmeisie het Maandag aan die Durbanse streekshof gesê sy het R50 vir seks gevra, nadat sy dwelmmiddels ontvang het.
Video: Minstens 40 sterf in Indië-treinramp
Minstens 40 mense is Maandag dood nadat ʼn sneltrein in die noorde van Indië ʼn stilstaande goederetrein getref het.
Man deur buffel doodgetrap
Brian Smith (71) is deur ‘n buffel deurboor en doodgetrap op ‘n plaas in die Gravelotte-distrik in Limpopo.
Video: 5-jarige oor sy ‘liefdesprobleme’
So jy reken liefdesprobleme is net vir grootmense? Dié vyfjarige seuntjie sit omtrent met ‘n tameletjie aangesien hy moet kies watter een van sy drie meisies hy gaan afsê.
Agtste verdagte vas oor komplot om Krejcir-ondersoekers te vermoor
‘n Agtste verdagte is in hegtenis geneem in verband met die beweerde komplot om twee ondersoekbeamptes in die Radovan Krejcir-saak te vermoor.
‘Rower’ geskiet in mislukte rooftog
‘n Vermeende rower is Maandagoggend tydens ‘n mislukte rooftog by ‘n Shoprite-winkel in Soweto geskiet en gewond.
Sjokoladekoning nuwe president van Oekraïne
Een van die Oekraïne se rykste mense, die sjokoladekoning, Petro Porosjenko, is met ‘n volstrekte meerderheid tot nuwe president van die Oekraïne verkies.
Malema, SAID bereik ooreenkoms
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het ‘n skikkingsooreenkoms bereik, het die hooggeregshof in Pretoria Maandag gehoor.
Eerste swart boere-egpaar op plaas in Vrystaat vermoor – AfriForum
Andrew en Loryn Monakane (albei 39) is vroeër vandeesmaand wreedaardig op hul plaas Graigmont naby Dewetsdorp in die Vrystaat vermoor, het die burgerregteorganisasie Maandag gesê.
Pa, dogtertjie sterf na voertuig in rivier beland
Erik Adendorff (33) en sy sesjarige dogtertjie Limor is oorlede nadat die gesin se voertuig in ‘n rivier beland het naby hul plaas tussen Frankfort en Oranjeville in die Vrystaat.