Een persoon is dood en drie mense beseer na ‘n skietery Woensdagaand by die Kaapstadse Internasionale Lughawe.
Lees meerAlles vir Woensdag 28 Mei 2014
Parool wink glo vir De Kock, Derby-Lewis
Die hooggeregshof in Pretoria het opdrag gegee dat die nuwe minister van justisie en korrektiewe dienste moet oorweeg om Eugene de Kock op parool vry te laat.
Cele gaan ‘politieke leiding’ gee in landbou
Bheki Cele, voormalige nasionale polisiehoof en die nuwe adjunkminister van landbou, bosbou en visserye sal “politieke leiding” verskaf in dié industrieë.
Sekswinkel pla ANC
Die ANC sê hy is uit ‘n morele oogpunt verontwaardig oor ‘n sekswinkel wat oorkant die pad van die parlement se kant-ingang gaan oopmaak.
Pa in hof na moord op dogtertjie
‘n 33-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy sy tweejarige dogtertjie vermoor het, het Woensdag in die Bolobedu-landdroshof in Limpopo verskyn.
‘Stakende mynwerkers hou land gyselaar’
Die Christen-Demokratiese Party (CDP) sê dit is ondenkbaar dat die hele land deur ‘n handvol ontevrede mynwerkers gyselaar gehou kan word.
Polisie, voormalige wildbewaarder vas vir renosterstropery
ʼn Voormalige wildbewaarder en twee polisiebeamptes van die Skukuza-polisiestasie is Dinsdag vir renosterstropery in die Kruger-wildtuin in hegtenis geneem.
Maya Angelou sterf
Die Amerikaanse skrywer en digter Maya Angelou is in die ouderdom van 86 oorlede.
Jong vrou gestenig omdat sy vir liefde trou
‘n Jong Pakistanse vrou is dood nadat sy deur haar eie familie en gewese verloofde gestenig is.
Video: Kinders se kostelike reaksie op ou rekenaar
Kinders reageer te kostelik in hierdie video op ʼn rekenaar uit die 1970s. Die video is die afgelope drie dae reeds meer as 6.5 miljoen keer gekyk.
Man soek na hy tweejarige keelaf sny
Die polisie is op soek na ‘n man wat glo ‘n tweejarige seuntjie keelaf gesny het met ‘n gebreekte bottel.
Baba dood in asblik gevind
ʼn 19-jarige tienermeisie is in hegtenis geneem nadat die liggaam van ʼn pasgebore babaseuntjie Woensdag in ʼn asblik in Johannesburg aangetref is.
Springs-gruwelhuis: Kinders, ma vir berading gestuur
Die 36-jarige sakeman van Springs wat in hegtenis geneem is nadat hy glo sy vyf kinders jare lank in ʼn huurhuis aangehou, aangerand, gemartel en van die samelewing versteek het, het Woensdag vlugtig in die dorp se landdroshof verskyn.
Gupta-sage: Weermag ontken tweede ondersoek
Die weermag het mediaberigte ontken dat daar ‘n tweede ondersoek is na die Gupta-landing by die Waterkloof-lugmagbasis.
Kruiwadief op heterdaad betrap
ʼn Parate polisiebeampte van Vereeniging het ʼn vermeende dief in hegtenis geneem toe die man met ʼn gesteelde kruiwa en vrieskaskompressor in die straat geloop het.
Polisie moet nou heroïen-teenmiddel saamdra
Die polisie in New York en ander noodpersoneel sal voortaan die middel naloxone moet saamdra.
Babas glo in Boksburg-hospitaal omgeruil
Die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag beslis dat ʼn ondersoek gedoen moet word nadat twee babas glo per ongeluk ná hul geboorte in die Boksburg-hospitaal aan die Oos-Rand omgeruil is.
Video: Brandweer red 30 ponies van oorstroming
Dertig ponies moes Dinsdagaand deur die brandweer uit hul weiland buite Ommen in Nederland gered word. Die diere was reeds weens oorvloedige reën tot by hul buik in die water.
Vermiste tieners: “Terug na die begin”
ʼn Private speurder het gesê hoewel die omstandighede rondom die twee tieners van Pretoria wat in April glo saam weggeloop het, as baie ongewoon voorkom, is daar tog tekens dat die twee lewe en hy versoek die publiek om steeds op die uitkyk te wees.
Video: Talle dood toe hospitaal brand
Minstens 21 mense is dood toe ‘n brand Woensdagoggend in ‘n hospitaal in die suide van Suid-Korea uitgebreek het.