Solidariteit Helpende Hand gaan Woensdag nog 30 ton kos aan nie-stakers in die Rustenburg-omgewing versprei.
Alles vir Woensdag 28 Mei 2014
Springs-gruwelhuis: Pa in hof
ʼn 36-jarige sakeman verskyn Woensdag in die Springs-landdroshof nadat hy glo sy vyf kinders jare lank in ʼn peperduur huis in Springs aangehou, aangerand, gemartel en van die samelewing versteek het.
Kan Christene ontsteld wees oor Kurt Darren se wit/swart-stelling?
‘n Mens kan dalk verstaan dat party mense ongelukkig is oor Kurt Darren se opmerking dat ons nie meer in “wit en swart” moet dink nie, maar jy sou dink meeste Christene sou darem saamstem. Lees nou die res van Jaco Strydom se kommentaar hieroor.
Kan Christene ontsteld wees oor Kurt Darren se wit/swart-stelling?
‘n Mens kan dalk verstaan dat party mense ongelukkig is oor Kurt Darren se opmerking dat ons nie meer in “wit en swart” moet dink nie, maar jy sou dink meeste Christene sou darem saamstem. Lees nou die res van Jaco Strydom se kommentaar hieroor.
Pa ry per ongeluk dogtertjie dood
‘n Pa van Ohrigstad het per ongeluk sy babadogtertjie tydens ‘n fratsongeluk met sy motor doodgery.
Gedig: Gedig vir jou
‘n Eenvoudige liefdesgedig deur die jong Elrika van der Walt
Nuuskommentaar: Solidariteit se opleidingsplanne versus “transformasie”
Solidariteit se aankondiging van ‘n driejaar-opleidingsplan teen ’n koste van R400 miljoen wat planne vir private Afrikaanse onderwys van laerskoolvlak tot universiteitsvlak insluit, is soos musiek vir diegene wat vir hul kinders die beste moontlike toekoms in hul vaderland wil verseker.
Gedagte vir die dag: Dankbaar vir die moeilike mense in jou lewe
Dink vir ’n oomblik aan iemand in jou lewe wat die wêreld vir jou moeilik maak. Is dit jou huweliksmaat? ’n Knorrige kollega of bestuurder…
Munisipale werkers vas oor kabeldiefstal
Die polisie in Kimberley het Dinsdag drie werknemers van die Sol Plaatje-munisipaliteit in hegtenis geneem nadat hulle vermoedelik kragkabels in die dorp gesteel het.
Polisie soek PE-skieter
Die polisie in Port Elizabeth in die Oos-Kaap het Dinsdag die gemeenskap se hulp versoek om ʼn man op te spoor wat drie mense in New Brighton doodgeskiet het.
Soektog duur voort na ontsnapte gevangenes
Die soektog duur voort na vyf gevaarlike gevangenes wat tussen die Tembisa-landdroshof en Modderbee-gevangenis aan die Oos-Rand ontsnap het.
Mynwerker in boom opgehang
ʼn Man wat Dinsdag in die Broederstroom-omgewing in Noordwes in ʼn boom opgehang is, was moontlik ʼn mynwerker, het die polisie gesê.