Eyewitness News (EWN) het om verskoning gevra nadat hy gister ‘n spotprent genaamd “A Congress of Clowns” gepubliseer het waarin daar na kiesers as “poeph*ls” verwys word.
Alles vir Donderdag 29 Mei 2014
Reisartikel: V&A Waterfront meer as net ʼn winkelsentrum
Die mees gewilde bestemming in die hele Afrika is nie die Piramiedes in Egipte of die Kruger-wildtuin nie. Nee, dis die Victoria & Alfred Waterfront in Kaapstad wat verlede jaar deur sowat 24 miljoen mense besoek is.
“Moenie met ons vullis mors nie!”, sê AfriForum
Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag ‘n nasionale veldtog genaamd “Moenie met ons vullis mors nie!”, van stapel gestuur om vas te stel of daar aan die minimum vullisbestuursvereistes voldoen word.
Nuuskommentaar: Huis van gruwels is baie, baie groot
Die berigte oor wat as die huis van gruwels bekend geword het, stuur skokgolf op skokgolf deur die land. Vrae soos: “Hoe kon dit onder ons neuse gebeur het?” en “Wat van die arme kinders?” word oor en oor gevra.
Selfoonvideo: Groepverkragtingsklag teen tieners laat vaar
Die aanklag teen vyf seuns wat daarvan verdink word dat hulle ʼn verstandelik gestremde meisie om die beurt verkrag en dit op ʼn selfoon afgeneem het, is Woensdag in die Protea-landdroshof teruggetrek.
Student moontlik betrokke by Rhodes-brand
ʼn Student aan die Rhodes-universiteit in Grahamstad in die Oos-Kaap word moontlik verbind aan die brand wat op die kampus gestig is, het die instansie Woensdag gesê.
Regering-taakspan moet help om staking op te los
ʼn Inter-ministeriële taakspan sal na verwagting Donderdag met die vakbond Amcu en mynbase vergader om die staking in die platinummynbedryf te bespreek.
Polisieman skiet 3, homself by Kaapstad-lughawe
Die polisie het bevestig die man wat Woensdagaand drie mense by die Kaapstadse Internasionale Lughawe geskiet voordat hy homself geskiet het, was ʼn 33-jarige polisiekonstabel.
Gedagte vir die dag: Vra eers
2 Kron 18:4 – “Maar,” het Josafat verder vir die koning van Israel gesê, “vind nou eers uit wat self die Here”. “Ai, ek wens…