ʼn Man van Pakistan is Maandagoggend by ʼn huis in Booysens, Johannesburg, in hegtenis geneem nadat die polisie heroïen ter waarde van R48 miljoen opgespoor het.
Alles vir Maandag 2 Junie 2014
Twee dood, 32 beseer in JHB-ongelukke
Twee mense is Maandagoggend dood en 32 beseer in twee afsonderlike ongelukke in Benoni en Roodepoort in Gauteng.
WAT Woord van die Week: kittelorig
Lees vandag se Taaltoffie om uit te vind waar die woord “kittelorig” vandaan kom wat gebruik word om na ‘n liggeraakte, opvlieënde persoon te verwys.
Fietsryer kritiek ná taxi hom tref
ʼn Fietsryer is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy Sondag in Potchefstroom deur ʼn minibustaxi getref is.
Nuuskommentaar: Kinderbeskermingsweek en die Z-generasie
Die “Z-generasie” is nie die jong geslag wat die wrange vrugte van die Zuma-bewindsera gaan pluk nie, hoewel daar ironies reeds vele parallelle getrek kan word.
Bloemhof-water: Dodetal styg tot drie
Nóg twee babas is in Bloemhof in Noordwes dood weens ernstige diarree opgedoen nadat water in die gebied besmet is.
1 dood, 7 vas ná Shoprite-gewapende roof
Sewe mense is in hegtenis geneem in verband met ʼn gewapende roof Sondag by ʼn Sassa-welsynsbetalingspunt in ʼn Shoprite-winkel in Bishop Lavis in Kaapstad.
Noordwes: 721 inhegtenisnemings binne 7 dae
Altesaam 721 mense is die afgelope sewe dae in Noordwes in hegtenis geneem, het die polisie gesê.
Spoedvraat haal 228 km/h op N1
ʼn 46-jarige man het Sondag teen 228 km/h op die N1-snelweg in Johannesburg gery.
Hof sê glo vandag oor Amcu-aansoek
Die arbeidshof in Johannesburg sal na verwagting Maandag uitspraak lewer oor ʼn dringende interdik wat deur Amcu gebring is om Amplats en Implats te verhoed om direk met mynwerkers oor hul loonaanbod te kommunikeer.
Gedagte vir die dag: Waar is my rots?
Ps 69:3 – Ek het weggesak in diep modder waarin ek nie kan staan nie. Ek het in diep waters beland waarin die stroom my…