Kortom, die land het genoeg stukkende dinge wat reggemaak moet word. Maar, geoordeel aan onthullings in Beeld, beveel ‘n taakspan aan dat iets wat nie net goed werk nie, maar presteer, “reggemaak” moet word…
Alles vir Dinsdag 3 Junie 2014
Bloemhof-water: 21 babas in hospitaal
Altesaam 21 babas van Bloemhof in Noordwes is sedert verlede week in hospitale opgeneem weens erge diarree nadat hulle glo besmette water ingekry het.
Departement verwerp wiskunde-verslag
Die departement van onderwys het Maandag ʼn verslag van die Wêreld Ekonomiese Forum oor die stand van die land se wetenskap- en wiskunde-opleiding verwerp.
Ses beamptes sterf in gru-ongeluk
Vyf beamptes van die departement van korrektiewe dienste en ʼn polisiebeampte is Maandagmiddag in ʼn ongeluk naby die Rooigrond-gevangenis in Noordwes oorlede.
Man sterf in kettingbotsing met twee trokke
ʼn Man is Dinsdagoggend op slag dood nadat hy by die N12/R24-wisselaar in Bedfordview, Johannesburg, in ʼn vragmotor vasgery het voordat hy van agter deur nog ʼn vragmotor getref is.
Onnie noem glo swartes “demone”
Die Gautengse departement van onderwys ondersoek beweringe dat ʼn onderwyseres van die Nasionale Kunsskool in Braamfontein, Johannesburg, glo na swartmense as “demone” verwys het.
Pa in hof wat kinders aanhou, vasketting
‘n 50-jarige man het Maandag in die Alexandra-landdroshof in Johannesburg verskyn nadat hy glo die afgelope agt jaar lank sy vier kinders in ‘n kamer aangehou het.
Ondersoek ná 9 babas in hospitaal sterf
Die departement van gesondheid in Limpopo het ʼn ondersoek gelas nadat nege babas die afgelope maand in ʼn hospitaal in dié provinsie dood is.
‘Sanral-advertensies is misleidend’
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) moet advertensies oor e-tol onttrek nadat die Gesagsliggaam vir Reklamestandaarde (GRS) bevind het dit is misleidend.
Staatsaanklaer vry ná polisie saak verbrou
‘n Staatsaanklaer wat beskuldig is van roekelose bestuur onder die invloed van alkohol is vrygespreek nadat ‘n polisiebeampte nie behoorlik bewysstukke versamel het nie.
Skool moet jammer sê na meisies glo moet ontklee
Die bestuur van ‘n private skool in Braamfontein moet in ‘n brief aan ouers om verskoning vra omdat meisies by die skool glo aangesê is om hulle broeke af te trek na ‘n gebruikte kondoom in ‘n badkamer gevind is.
Gedagte vir die dag: Sy aanraking
Mark 1:41 – “Jesus het hom jammer gekry, sy hand uitgesteek en hom aangeraak”. Hoekom sou Jesus sy hand uitsteek en hierdie melaatse man aanraak? Hierdie…