ʼn Negejarige seun is glo deur ʼn vulstasie-eienaar geboei en gemartel nadat hy van diefstal verdink is.
Lees meerAlles vir Dinsdag 10 Junie 2014
Video: Groot ongeluk in die fliek!
Bemarkers krap gewoonlik kop oor hoe om hul boodskap tuis te bring, maar Volkswagen het dalk met dié skokkende advertensie die spyker op die kop geslaan. Die advertensie is die afgelope vier dae reeds bykans 5 miljoen keer op YouTube gekyk.
Platinumstaking eis sy tol op troeteldiere
Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) het Dinsdag gesê mense in Rustenburg kan nie meer troeteldiere bekostig nie weens die voortslepende staking in die platinumbedryf.
Tiener van baba se verkragting beskuldig
ʼn 15-jarige seun van Limpopo wat van die verkragting van ʼn babadogtertjie beskuldig word, het in die landdroshof in Tzaneen verskyn.
SANParke se bewaringshoof geskors
SANParke het Dinsdag Hector Magome, hoof van bewaringsdienste, se skorsing bevestig.
Polisieman bied skoolmeisie glo R50 vir orale seks
ʼn Skoolmeisie wat as ʼn prostituut gewerk het, het Dinsdag aan die Durbanse streekshof vertel dat ʼn polisiebeampte in die stad haar R50 betaal het vir orale seks in ʼn amptelike polisievangwa. Hy het haar daarna glo nog R50 betaal om oor die voorval stil te bly.
Pierre Korkie weer gesien
Pierre Korkie, die onderwyser van Bloemfontein wat in Jemen deur Al-Kaïda-militante gyselaar gehou word, is glo vir ʼn derde keer lewend gesien.
Platinumstaking eis ook sy tol op diere
Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) sê die staking in die platinumbedryf het tot gevolg dat talle mense in die Rustenburg-omgewing hulle troeteldiere verwaarloos of moet opgee.
Resep: Sagopoeding
Eenvoudige resep vir die heerlikste sagopoeding – net reg vir die koue wintersdae!
Uitdrukking: Geen haan sal daarna kraai nie
Daar skuil ‘n oulike legende agter die uitdrukking “geen haan sal daarna kraai nie” wat gebruik word om te verwys na iets wat ‘n geheim sal bly. Lees vandag se Taaltoffie vir meer!
Pa en seun kritiek ná motorfietsongeluk
ʼn 50-jarige pa en sy 17-jarige seun is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hul motorfiets Dinsdag teen ʼn bakkie in Florida, Johannesburg, gebots het.
Video: “Die stelsel stort in duie”
Dringende ingryping is glo nodig in die Vrystaatse gesondheidsdepartement as die totale ineenstorting van dienste daar voorkom wil word.
Delft-‘verkragter’ se bogtogsaak vertraag weens dossier
Die man wat glo ʼn negejarige meisie van Delft in Kaapstad verkrag voordat hy haar liggaam aan die brand gesteek het, se borgtogaansoek is Dinsdag vertraag omdat die dossier nie by die hof was nie.
Zim-grondgrype: Plase aan 10-jariges toegeken
ʼn Oudit op Zimbabwe se omstrede grondhervormingsprogram het bevind dat kinders so jonk as 10 jaar oud plase ontvang het nadat wit boere onteien is.
Tiener deur taxi doodgery
ʼn 15-jarige seun is Dinsdagoggend op pad skool toe in Potchefstroom, Noordwes, deur ʼn taxi doodgery.
Amcu-staking: Minister ontken hy het gesprekke “laat vaar”
Ngoako Ramatlhodi, minister van minerale bronne, het Dinsdag ontken dat hy en die spesiale taakspan loononderhandelinge in die platinumbedryf “laat vaar” het.
Delft-‘verkragter’ soek borgtog
Die man wat daarvan verdink word dat hy ʼn negejarige meisie van Delft in Kaapstad verkrag voordat hy haar liggaam aan die brand gesteek het, sal na verwagting Dinsdag in die Bellville-streekshof aansoek doen om borgtog.
Duiwelspiek se naam moet verander, sê Christene
‘n Groep “prominente” Christene het glo hul mes in vir die naam van Duiwelspiek.
Paroolaanbeveling vir Derby-Lewis verwelkom
Front Nasionaal (FN) het Dinsdag gesê die party het “versigtig optimisties; dog met dank” kennis geneem van Michael Masuthu, minister van justisie en korrektiewe dienste, se positiewe aanbeveling dat Derby-Lewis (78) op parool vrygelaat moet word.
Wêreld se oudste man sterf
Die wêreld se oudste man, ‘n Poolse immigrant, is in ‘n ouetehuis in New York oorlede.