ʼn Bulgaarse burgerlike, wat glo die omstrede Tsjeggiese sakeman Radovan Krejcir se rekenmeester en “regterhand” is, is Maandagaand in Benoni, oos van Johannesburg, in hegtenis geneem.
Alles vir Dinsdag 10 Junie 2014
Nuuskommentaar: Grondwetlike reg om te staak, maar nie om te werk!
Die helder kinderogies het dof geword. Die ondeunde gesiggie lyk nou verskrik. Die honger wys in sy ogies, en in die lusteloosheid van sy stap. Hy is skaam, maar die honger laat hom skoorvoetend na die sopkombuis by sy skool drentel – so ongemerk as moontlik.
Comrades-deelnemer en weldoener sterf ná marathon
Louis du Preez (39), ʼn pa van twee van Moreletapark in Pretoria wat in die pylvak van die Comrades-marathon ineengestort het en deur ander atlete oor die eindstreep gedra is, het in ʼn hospitaal in Durban, KwaZulu-Natal, gesterf.
Vrou se keel gesny ná man haar verkrag
Die KwaZulu-Natal-polisie is op soek na ʼn man wat oor die naweek glo ʼn 48-jarige vrou verkrag en haar keel gesny het.
Bloemhof-burgemeester herroep oor waterkrisis
Moeder Makodi, burgemeester van die Lekwa-Teemane-munisipaliteit, is herroep te midde van die waterbesmettingskrisis in Bloemhof wat tot die dood van drie babas gelei het.
Regering-taakspan onttrek uit platinumdispuut
Die regering se taakspan het onttrek uit die proses om die platinumstaking op te los, het mynmaatskappye aangekondig.
NVG-hoof se lot steeds in die weegskaal
Mike Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, sê daar is nog nie ‘n besluit geneem oor hoe om Mxolisi Nxasana, hoof van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), se veiligheidsklaring te hanteer nie.
Gedagte vir die dag: Jou tuiste….Bewaak dit
Joh 10:10:”Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê” Niks…