“Kykers kan uitsien na programme wat die Afrikaanse kultuur en leefstyl omarm, en dit wissel van musiekprogramme tot kosprogramme.”
Lees meerAlles vir Woensdag 11 Junie 2014
Man vry ná vrou se moord; polisie gekap
Die hooggeregshof in Pretoria het Woensdag Albert van Vuuren (45) se skuldigbevinding aan die moord op sy vrou ter syde gestel weens die polisie se versuim om die moord behoorlik te ondersoek.
Eskom kondig beurtkrag aan
Eskom het aangekondig dat daar vanaand beurtkrag toegepas sal word.
Video: “Wag hulle vir babas om dood te gaan?”
Inwoners van verskeie dorpe in Mpumalanga waarsku dat ‘n waterkrisis daar dreig. Rioolvuil loop in verskeie riviere in dié provinsie in.
Zuma sê binnekort oor Nkandla
President Jacob Zuma het onderneem om binne 30 dae ‘n “omvattende en finale verslag” oor Nkandla aan die speaker te oorhandig.
Video: Wildtuinwerker wat olifante verjaag “het nie reëls oortree”
SANParke het bevind dat die werknemer wat ‘n olifantkoei en haar kalf van die pad af gedwing het met ‘n amptelike voertuig, nie die Krugerwildtuin se reëls oortree het nie.
11-jarige met ma se vuurwapen geskiet
ʼn 11-jarige seun van Heidelberg in Gauteng is dood nadat hy glo Dinsdagmiddag per ongeluk met sy ma se vuurwapen geskiet is.
Reisartikel: ‘n Nuwe uitsig op die rug van die Boomslang
Marianne vertel jou in hierdie uitgawe meer oor die Boomslang wat onlangs by die Kirstenbosch Botaniese Tuine in Kaapstad oopgemaak het. Nog foto’s van die Boomslang volg onderaan die berig.
Voornemende polisiekonstabels wen hare-stryd
Twee vroulike kadette wat geweier het om hul hare te sny en toe uit ʼn polisie-opleidingskursus geskop is, moet weer toelating kry, het Beeld Woensdag berig.
Egpaar, seun vas oor wapens en polisie-toerusting
‘n Egpaar van KwaZulu-Natal en hul seun is in hegtenis geneem nadat vuurwapens, ammunisie en verskeie polisie-toerusting in hul besit gevind is.
Pierre Spies se Loftus-gastehuis beroof
Drie gewapende mans het Dinsdagmiddag glo die gewilde Springbok en Blou Bul-kaptein Pierre Spies se luukse gastehuis, 12 on Brecher, naby Loftus Versveld beroof.
Padindrukke: Renault Sandero 66kw Turbo Stepway
Sedert sy bekendstelling vroeg in 2009 het die Renault Sandero homself gevestig as ‘n gewilde keuse vir diegene wat na ‘n ruim dog bekostigbare motor op soek was.
Baie Yanks wil ruimtereis onderneem
Altesaam 39% van volwasse Amerikaners sal graag ‘n ruimtereis wil onderneem as hulle dit kan bekostig, het die peilingsagentskap, Rasmussen, in ‘n telefoniese peiling bepaal.
Mango Groove-lid sterf
Kelly Petlane, ʼn lid van die musiekgroep Mango Groove, is Maandag weens nierversaking oorlede, het The Mercury Woensdag berig. ‘n Musiekvideo van die groep se bekende “Special Star” volg onderaan die berig.
NVG moet opdok oor pa nie onderhoud betaal
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) is beveel om duisende rande se onderhoud aan ‘n ma van drie te betaal, berig Beeld.
Delft-‘verkragter’ voorlopig vry
Inwoners van Delft in Kaapstad was Woensdag verslae oor die nuus dat aanklagte teen ʼn man, wat ʼn negejarige glo verkrag voor hy haar liggaam aan die brand gesteek het, voorlopig laat vaar is.
Gedig: Elementêre huis
“Ek wil graag vir jou ‘n huis bou. ‘n Huis – nie ‘n woning nie – ‘n woning is te deftig; nee, ‘n huis.”
Eks skiet glo PTA-polisiebeampte
ʼn Polisiebeampte van Pretoria is Woensdag glo deur haar voormalige kêrel geskiet en gewond.
Polisie skiet op kaalbas-betogers
Die Johannesburgse polisie moes Woensdag betogers, wat hul kaal boude gewys het, met rubberkoeëls en traangas uit mekaar dryf.
Jagskou: Pa vlugtig in hof
Sean Kotzin wat sy seun per ongeluk by die Huntex2014-jagskou in Midrand geskiet het, het Woensdag vlugtig in die Alexandra-landdroshof verskyn.