Hierdie souskluitjie-resep is baie lekker, gou en goedkoop
Lees meerAlles vir Donderdag 12 Junie 2014
Foto’s: Sterkman sleep Transall-vliegtuig
Etienne Smit het Donderdag by die Zwartkop-lugmagbasis in Centurion ʼn C-160 Transall-vliegtuig gesleep.
Benoni-man skuldig aan vrou se moord
Martin Badenhorst, ʼn versekeringsmakelaar van Benoni, is Donderdag in die Pretoriase hooggeregshof skuldig bevind aan die moord op sy vrou.
Vrou vas oor gekloonde bankkaarte
Anushka Rossi, ʼn vrou van Kaapstad wat vrygelaat is op ʼn waarskuwing nadat sy glo gekloonde bankkaarte gebruik het, is weer terug in aanhouding.
Sokkerwêreldbeker-opening wil rekord breek
Die Sokkerwêreldbeker 2014 begin Donderdag in Brasilië. FIFA verwag dat dit die televisie-uitsending sal wees met die meeste kykers.
Perd skop vrou in die gesig
‘n Vrou is in ‘n ernstige toestand nadat ‘n perd haar op ‘n plaas in KwaZulu-Natal in die gesig geskop het.
Foto’s: Drankwinkel van dieremishandeling beskuldig
Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het aanklagte van dieremishandeling teen ‘n Spar in Butterworth in die Oos-Kaap se Tops-drankwinkel aanhangig gemaak.
Lyk langs pad in Heidelberg gevind
Die liggaam van ʼn middeljarige man is Donderdag langs ʼn pad in Heidelberg in Gauteng gevind.
Video: Solidariteit pak polisie oor regstellende aksie
Daar word vir die eerste keer in die arbeidshof geveg teen ‘n regstellende aksie-plan in sy geheel; pleks van bloot net die toepassing daarvan.
Platinumstaking: Ooreenkoms “in beginsel” bereik
Platinumprodusente en die vakbond Amcu het “in beginsel” ‘n ooreenkoms bereik, het die mynmaatskappye Donderdag gesê.
Slagoffer vertel van hengel-uitstappie wat in nagmerrie ontaard
“My vriend is in die spervuur doodgeskiet omdat hy my wou help”. Só sê Pieter Terreblanche, ʼn 59-jarige hengelaar wat Sondagoggend ʼn aanval in Strandfontein op die Valsbaai-kuslyn oorleef het. Sy hengelaarvriend, Alvin Allies (51), is tydens die aanval doodgeskiet.
Zola glo Comrades-titel geweier oor merker
Zola Budd bevraagteken ‘n besluit deur die organiseerders van die Comrades-wedloop om haar eerste plek in die veteraan-afdeling vir vroue van 40 tot 49 jaar te weier.
Platinumstaking: Helpende Hand kondig langtermynhulp vir nie-stakers aan
Solidariteit Helpende Hand het vandag bykomende aksieplanne aangekondig om langtermynondersteuning aan nie-stakers in die platinumgordel te verleen.
Springs-gruwelhuis: Pa vlugtig in hof
Die man wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou en vyf kinders jare lank in ʼn huis in Springs aangerand en aangehou het, het Donderdag vlugtig in die Springs-landdroshof verskyn.
AgangSA-leier glo strafregtelik aangekla
Daar is teenstrydige bewerings deur lede van AgangSA oor berigte dat daar strafregtelike klagte teen Mamphela Ramphele, leier van die party, aanhangig gemaak is.
Uitdrukking: Iemand se ore brand
Dit is nie duidelik of jy geprys word as jou linker- of regteroor brand nie, maar iemand skinder glo dan wel van jou. Lees vandag se Taaltoffie vir meer inligting oor dié uitdrukking.
Bejaarde skiet twee plaasaanvallers
Hannes Grobler (73), voorman van ʼn plaas in Delmas, Mpumalanga, het Dinsdagoggend een vermeende plaasaanvaller doodgeskiet en ʼn ander gewond.
Man vas ná hy glo moor; slagoffer se hart eet
Die polisie in die Wes-Kaap het ‘n man in hegtenis geneem nadat hulle hom glo betrap het waar hy besig was om ‘n man se hart te eet wie hy glo vermoor het.
Phalaborwa sonder water
Watertoevoer na Phalaborwa in Limpopo is afgesny omdat die munisipaliteit glo meer as R200 miljoen agterstallig is, het Beeld Donderdag berig.
Sielkundige waarneming vir pa wat glo seun aan die brand steek
ʼn Pa wat van moord aangekla word nadat hy glo sy 31-jarige seun in ʼn kamer in Tzaneen in Limpopo toegesluit en aan die brand gesteek het, moet sielkundige waarneming ondergaan.