So wat doen jy as jy oornag op ‘n lughawe gestrand is en wag vir jou vlug die volgende oggend? Jy maak ‘n musiekvideo op jou iPhone van Celine Dion se treffer ‘All By Myself’.
Alles vir Donderdag 12 Junie 2014
Nuuskommentaar: Het Brasilië SA se Fifa-lesse ter harte geneem?
Hoe onthou Suid-Afrikaners die vorige Sokkerwêreldbeker wat in Suid-Afrika plaasgevind het? Sommiges sal die euforie onthou – die ontsnapping van die harde werklikhede van ‘n misdaadgedrewe land.
Springs-gruwelhuis: Kinders ondergaan IK-toetse
Die vyf kinders wat glo jare lank deur hul pa in ʼn huis in Springs, oos van Johannesburg, aangerand en aangehou is, het almal intelligensiekwosiënt (IK)-toetse ondergaan, het Beeld Donderdag berig.
Sy rand hom glo aan oor hy in slaap praat
‘n Vrou van die deelstaat Montana in die VSA is in hegtenis geneem nadat sy glo haar kêrel aangerand het oor hy slegte dinge van haar in sy slaap gesê het.
Beurtkrag weer moontlik
Eskom sê hy verwag dat die kragnetwerk Donderdagaand weer onder druk sal verkeer.
Soektog na vermiste polisiebeampte van stapel gestuur
Die polisie in Kagiso, buite Krugersdorp, aan die Wes-Rand het die publiek se hulp gevra in hul soektog na ao. Thabo Abednigo Mahlaba (50) wat sedert verlede week vermis word.
Rustenburg-kinders veilig gevind
Micheala Bredenkamp (9) en Sharne Bredenkamp (6) van Rustenburg in Noordwes wat sedert Vrydag vermis was, is veilig gevind.
Gedagte vir die dag: Wys hulle hoe
Tit 2:7 – In alles moet jy self vir hulle ‘n voorbeeld stel van goeie werk, suiwerheid in die leer, waardigheid in gedrag. “Hierdie tekenprogram…