‘n Blou diamant van 122,52 karaat is by die Petra-diamantmynmaatskappy se Cullinan-diamantmyn naby Pretoria gevind.
Lees meerAlles vir Vrydag 13 Junie 2014
Vyf gewond in taxi-skietery
Vyf mense is Vrydag gewond in ‘n skietery in Seawinds in Kaapstad, het die Wes-Kaapse polisie gesê.
Bewerings van “seks-vir-werk” ondersoek
Die Oos-Kaapse regering gaan ondersoek instel na bewerings dat regeringsamptenare glo seks geëis het van vroulike interns in ruil vir werk.
Kondome op verkragtingstoneel gevind
Twee gebruikte kondome is op die toneel waar ‘n 18-jarige man glo ‘n 14-jarige meisie verkrag het gevind, het die Nelspruit-streekshof in Mpumalanga Vrydag gehoor.
Man beseer in vliegongeluk
‘n Vlieënier is Vrydag beseer in ‘n vliegongeluk by die Stellenbosch-vliegveld in die Wes-Kaap.
Bejaarde vrou sterf in kleinhoewe-aanval, man kritiek
ʼn 81-jarige vrou is dood en haar 84-jarige man is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hul Vrydag in die vroeë oggendure op hul kleinhoewe in die ooste van Pretoria aangeval en erg aangerand is.
Polisie skiet twee kapers dood
Die polisie het twee vermeende kapers in New Germany naby Pinetown in KwaZulu-Natal doodgeskiet.
Krejcir-saak na hooggeregshof
Die saak van sameswering om moord te pleeg teen die omstrede Tsjeggiese sakeman Radovan Krejcir en sewe ander verdagtes, is Vrydag in Alexandra-landdroshof uitgestel.
SAUK-hoof kry vrou as geskenk
Tradisionele Venda-stamhoofde het vir Hlaudi Motsoeneng, waarnemende bedryfshoof van die SAUK, onder meer ‘n vrou en ‘n bees geskenk gegee, berig die Sowetan.
Olieprys kan tot $125 styg as Bagdad aangeval word
Die skynbare moeitelose opmars van militante Moslems in Irak het reeds die internasionale olieprys tot die hoogste vlak in agt maande laat styg, berig ANP.
Kaapstad-man soek ná voertuig verlate gevind is
Gideon Stephanus Perold, ʼn 59-jarige man van Durbanville in Kaapstad, word sedert 11 Junie vermis.
Ramphele maak óók bedrogsaak oop
Mamphela Ramphele, leier van AgangSA, het ook ʼn saak van bedrog by die polisie aanhangig gemaak om uit te vind wie ʼn bankrekening geopen het vir ‘n terugbetaling van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK).
Ma brand dood, seun kritiek ná kar vlamvat
ʼn Ma is dood en haar 20-jarige seun is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hul voertuig Donderdagaand op die pad tussen Fochville en Potchefstroom gerol en aan die brand geslaan het.
Nog ʼn verdagte vas in Krejcir-saak
Die eienaar van ʼn private veiligheidsmaatskappy is Donderdag in hegtenis geneem in verband met die saak van die omstrede Tsjeggiese sakeman Radovan Krejcir.
Volksblad gaan bly
Media24 het bevestig dat Volksblad gaan bly ná vele bespiegeling oor dié Afrikaanse dagblad se toekoms.
Nuuskommentaar: Amcu-staking – lig in die mynskag (as Eskom hou)
Dit lyk of die langste mynboustaking in die 130-jarige geskiedenis van dié bedryf moontlik binnekort iets van die verlede kan wees. Sou Amcu vandag formeel die ooreenkoms onderteken, sal dit goed wees as daar ‘n vlaag optimisme posvat, want dit het die land se ekonomie al bitter nodig.
Woord: femel
Ken jy die woord “femel”? Lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind.
Platinumstaking: Amcu-leier sê oor aanbod
Joseph Mathunjwa, Amcu se president, het Vrydagoggend meer duidelikheid verskaf oor of die vakbond en platinumprodusente ʼn ooreenkoms kon bereik het.
Foto’s: Só begin Sokkerwêreldbeker
Die Sokkerwêreldbekertoernooi het Donderdagaand met ʼn glansryke openingseremonie in Sao Paulo, Brasilië, afgeskop.
Video: George Bush vier 90ste met valskermsprong
Die voormalige president van Amerika, George HW Bush, het Donderdag sy 90ste verjaarsdag met ʼn tandemvalskermsprong gevier, ondanks die feit dat hy vyf jaar gelede die gebruik van beide sy bene verloor het.