Ongeveer tien rowers het vanoggend op ʼn winkel in die Cradlestone-winkelsentrum naby Krugersdorp toegesak en juweliersware gesteel.
Lees meerAlles vir Sondag 15 Junie 2014
Eskom: kragnetwerk is stabiel
Eskom het ʼn versoek gerig dat mense wat probleme met hulle kragtoevoer ondervind, hul munisipaliteit se dienssentrum moet kontak omdat daar nie fout met Eskom se toevoer is nie.
E-tol hersien as bron van finansiering
Die Gautengse regering gaan glo e-tol hersien as ʼn bron van finansiering om hoofweë in die provinsie te bou.
Gemengde gevoelens onder mynwerkers oor voorgestelde skikking
Mynwerkers in die platinumgordel het met gemengde gevoelens gereageer op die voorgestelde loonskikking.
Vadersdag ʼn viering van verantwoordelike pa’s – Zille
Vadersdag is ʼn viering wat bedoel is vir mans wat toegewyde, verantwoordelike ouers is, nie vir dié wat “toevallig ʼn baba gemaak het” nie, aldus Helen Zille, leier van die Demokratiese Alliansie.
Drie renosterstropers in Polokwane vasgetrek
Volgens die Limpopo polisie is drie vermeende renosterstropers Vrydag in Polokwane gearresteer.
Boek onthul hoe Graca Machel verneder is
Zelda la Grange, wat 19 jaar lank oudpresident Nelson Mandela se assistent was, se memoirs word eersdaags bekend gestel waarin glo onthul word dat Mandela se vrou, Graca Machel, verneder was in Mandela se laaste dae.
Een van Afrika se grootste olifante gestroop
Een van Afrika se grootste olifante is in Kenia dood nadat hy deur stropers met gifpyle geskiet en vir sy ivoortande gestroop is.
Video: Pa se groot Vadersdaggeskenk
Die WestJet-lugredery het ‘n pa, wie seun met ‘n hartdefek gebore is, se droom om by sy seuntjie te gaan kuier vir Vadersdag bewaarheid.
AfriForum: ‘Plase aan die brand gesteek buite Margate’
Die burgerregte-organisasie AfriForum sê brandstigters het drie plase in Gamalakhe buite Margate aan die brand gesteek.
Baba verlate in Bfn-middestad gevind
‘n Week oue babaseuntjie is Saterdag in die Bloemfonteinse middestad in die Vrystaat gevind.
13 vas vir grondbesetting
Dertien mense is in hegtenis geneem nadat hulle plakkershutte opgerig het op private grond in Johannesburg.
Vier sterf in KZN-botsing
Vier mense is dood en een persoon is kritiek beseer nadat twee motors op die N2 naby Mandeni, KwaZulu-Natal gebots het.
Gedagte vir die dag: Dis tyd om te bid
Sag 10:1 – Vra vir die Here reën in die tyd wanneer die laat reëns moet kom. “Dit is opmerklik dat die Here elke keer…