President Jacob Zuma het ‘n tekort aan dapperheid en het die revolusie uitverkoop, het Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), Woensdag in die parlement gesê.
Lees meerAlles vir Woensdag 18 Junie 2014
Pa gevonnis oor hy lyke brand ná seun skiet
‘n Pa is Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria gevonnis nadat hy die lyke van twee vermeende wilddiewe wat deur sy seun doodgeskiet is, verbrand het.
Foto’s: Solidariteit stel nuwe Sol-Tech-fasiliteite van miljoene rande bekend
Die vakbond Solidariteit het vandag nuwe fasiliteite van sy private tegniese kollege, Sol-Tech, bekendgestel.
Eskom verklaar krag-noodtoestand
Eskom het Woensdagmiddag ‘n krag-noodtoestand aangekondig weens ernstige beperkings op die nasionale kragnetwerk.
AfriForum Jeug eis dat Wessels-verslag verwerp word
AfriForum Jeug het vandag `n prokureursbrief aan die Raad van die Noordwes-Universiteit gestuur waarin die Raad versoek word om nie die Wessels-verslag in sy huidige vorm te aanvaar of na die minister van hoër onderwys te verwys nie.
Vier saam met PG du Plessis sy 80ste verjaarsdag!
ʼn Spesiale verjaarsdagkonsert word in Julie by die Atterbury Teater in Pretoria gehou om die legendariese skrywer, PG du Plessis, se 80ste verjaarsdag te vier.
Jagtragedie: Polisie maak aanklagte bekend
Die Noordwes-polisie het Woensdag gesê dit is standaardprosedure om ʼn saak van moord te ondersoek teen die 17-jarige seun wat glo in ʼn fratsongeluk die 22-jarige Barnie Bamberger op ʼn plaas naby Ottosdal tydens ʼn jaguitstappie doodgeskiet het.
Video: “Alles sal beter gaan”
‘n Dapper Corra Stiglingh het aan eNuus gesê sy hoop sy kan haar verkragters, Andries Mokataka en Solomon Mojaki, eendag vergewe.
Twee verdagtes tydens mislukte kapingspoging geskiet
Twee verdagtes is Woensdag geskiet en gewond nadat hulle glo ʼn afleweringswa vol selfone in Rooihuiskraal in Centurion wou kaap.
Video: “Diere sou dit nie eers gedoen het nie”
Die twee mans wat ‘n boer van Ventersdorp verlede jaar vermoor en sy vrou verkrag het, is lewenslank tronk toe gestuur.
Vermiste polisiebeampte se lyk gevind
Die Wes-Randse polisiebeampte wat sowat twee weke gelede as vermis aangemeld is, se liggaam is Woensdagoggend gevind.
Die waarheid oor regstellende aksie
Dr. Frans Cronjé, uitvoerende hoof van die SAIRV se onlangse uitspraak dat drie babas in Bloemhof dood is weens regstellende aksie het geweldige reaksie ontlok. Hy skryf dat hierdie kritici te dikwels die mense is wie se eie kinders nooit blootgestel sal word aan die toksiese water van onbevoegde openbare hospitale nie….
Maroela Media-app: Help toets aan die lekkerste nuus-app ooit!
Maroela Media stel vandag die Beta-weergawe van sy splinternuwe gratis nuus-app bekend. (Loer gerus na ons toneomkrullekkerkry-advertensie onderaan die berig!)
Verkiesingshof sê Tlakula moet gaan
Die verkiesingshof het Woensdag aanbeveel dat Pansy Tlakula, voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), uit haar amp verwyder moet word.
Vermoorde skoolmeisies: Tiener geskik om verhoor te word
Een van die twee 16-jarige seuns wat in Februarie glo twee skoolmeisies van Johannesburg in ʼn vermeende sataniese ritueel vermoor het, is geskik verklaar om verhoor te word.
Nog geen besluit oor Derby-Lewis se mediese parool
Die departement van korrektiewe dienste het Woensdag gesê daar is nog nie ʼn besluit geneem oor Clive Derby-Lewis se aansoek om mediese parool nie, al het hy na verwagting slegs ses maande oor om te lewe.
Eskom waarsku oor moontlike beurtkrag
Eskom het aangekondig dit is moontlik dat beurtkrag weer vroeg Woensdagaand toegepas kan word.
Klank: Staatsrede: Só sê ekonomiese raadgewer
Daar is gemengde reaksie op president Jacob Zuma se staatsrede wat hy Dinsdagaand in die parlement gelewer het.
Sekswinkel oorkant parlement floreer
Die Adult World-sekswinkel wat onlangs oorkant die parlement in Kaapstad oopgemaak het, se besigheid floreer, het The Star Woensdag berig.
Video: Pistoolskuts toets hul vaardighede
Die land se voorste pistoolskuts het hulle vaardighede getoets by die tweede rondte van die nasionale praktiese pistoolskietkampioenskap.