Marius Coertze, Clive Derby-Lewis se prokureur, het Vrydag gesê hy gaan die hooggeregshof nader rakende sy kliënt se aansoek om mediese parool.
Lees meerAlles vir Vrydag 20 Junie 2014
Eskom ontken lugbesoedeling-sterftes
Eskom het Vrydag ʼn verslag, dat twee van sy steenkoolkragstasies tans jaarliks minstens 17 mense se dood veroorsaak, betwis.
Kragnetwerk tans stabiel
Eskom het Vrydag gesê die nasionale kragnetwerk is stabiel en behoort oor die naweek ook stabiel te bly.
Tiener van bewegende trein afgestamp
ʼn 14-jarige seun is Vrydag op ʼn trein naby Warner Beach in Amanzimtoti, KwaZulu-Natal, beroof en toe afgestamp.
Polisiefoto nou ‘n internetsensasie
ʼn Polisiefoto van die gevaarlike misdadiger Jeremy Meeks, is tans ʼn internetsensasie.
Woord: ravot
Het jy geweet “ravot” beteken om “wild te stoei” of “wild te speel” in Afrikaans? Lees vandag se Taaltoffie vir meer inligting oor dié ongewone woord!
Tlakula: Wag eers, vra ANC
Die ANC sê die parlement moet eers wag vir die uitkoms van Pansy Tlakula, beleërde voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), se appèl teen haar skuldigbevinding voor daar teen haar opgetree word.
Mugabe se buurman in hof oor rondloperhonde
Een van president Robert Mugabe van Zimbabwe se bure het in ‘n hof verskyn op aanklag dat hy toegelaat het dat sy honde ronddwaal by die president se private woning, berig die staatsmedia.
Raad bestudeer nog Puk-verslag
Die Noordwes-Universiteit het Vrydag in ʼn mediaverklaring gesê sy Raad het verdere uitstel versoek om die inhoud en aanbevelings van ʼn verslag deur dr. Leon Wessels te bestudeer.
Dewani deur groep kenners waargeneem
Die moordbeskuldigde Shrien Dewani se verhoor kan moontlik so vroeg as Oktober begin indien ‘n paneel van kenners rakende geestesgesondheid bevind hy is geskik om verhoor te word, het die Wes-Kaapse hooggeregshof Vrydag gehoor.
Op die spore van Retief: Die storie agter die Groot Trek Viertrek
Die gedenkboek vertel met woord en beeld die storie agter die storie van die Viertrek Groot Trek.
NP van Wyk Louw en die derde Afrikaner
Wat kom ná die “donker nag van die siel” waarin ’n volk, na sy beste oordeel onder die omstandighede, besluit het om eerder onder te gaan as om in ongeregtigheid voort te bestaan?
Puk: Nog géén besluit oor Wessels-verslag
Die raad van die Noordwes-Universiteit het nog geen besluit geneem oor die verslag van dr. Leon Wessels se taakspan, wat die NWU se institusionele kultuur ondersoek het nie, ten spyte van beriggewing in ander media wat die teendeel impliseer.
Bloemhof-water: ‘Munisipale bestuurder aangekla’
Die burgerregte-organisasie AfriForum sê die Bloemhof-gemeenskap het ’n strafregtelike klag teen die voormalige munisipale bestuurder van Bloemhof, Andrew Makuapane, ingedien oor die dorp se water.
AfriForum Jeug-prokureursbrief aan NWU-Raad
AfriForum Jeug se prokureursbrief aan die Raad van die Noordwes-Universiteit waarin die Raad versoek word om nie die Wessels-verslag in sy huidige vorm te aanvaar of na die minister van hoër onderwys te verwys nie.
Lolly Jackson-moord: Verhoordatum vasgestel
George Louca, die Ciprioot wat beskuldig word van die moord op die Teazers-baas Lolly Jackson, het Vrydag in die Kempton Park-landdroshof verskyn.
KFC wys haar glo weg oor letsels
‘n KFC-eetplek in Jackson, Mississippi in die VSA het ‘n driejarige dogtertjie glo gevra om die eetplek te verlaat aangesien die letsels op haar gesig glo ander klante ontstel het.
EFF-advertensie nie bedoel “om mense bang te maak” nie
‘n Eiendomsmaatskappy sê sy advertensie wat verwys na Julius Malema en die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) was nie bedoel om mense die skrik op die lyf te jaag nie maar eerder die spot te dryf met mense wat bang is vir die “swart gevaar”.
Nuuskommentaar: Orde! Orde! Die moegoes is op ons
Julius Malema is uit die parlement gejaag, en het dié instelling verlaat gevolg deur sy raserige partygenote. Binne ‘n rekordtyd het hy en sy partygenote ‘n kleurvolle verskil aan die parlement gemaak – in kleredrag, neusdelwery voor die kameras – die skoenslanery volgens hul Sowjet-model wag seker nog (wanneer hulle weer na die parlement mag terugkeer).
Dewani weer in die hof
Shrien Dewani verskyn Vrydag in die Wes-Kaapse hooggeregshof en die hof sal na verwagting terugvoer kry oor sy geestesgesondheid.